Seks en antidepressante

***** S********* skryf :
“Ek en my verloofde het al verskeie kere gepraat sonder sukses. Die Cymbalta wat sy gebruik maak haar koud. Ek gaan nie die pragtige verhouding net prysgee daaroor nie. Is daar middels wat sy kan gebruik wat voorgeskryf kan word om die libido weer te verhoog? Ek is regtig moedeloos. Sy wil graag beter presteer maar kan nie.”
Antwoord :
Sy kan vra dat daar vir haar alternatiewe medikasie voorgeskryf word. (sien onder die antwoorde op soortgeyke vrae) Die slegte nuus met haar spesifieke medikasie is dat al hou sy op daarmee kan die behoefte lank neem om te verbeter, selfs jare.

C****** skryf:
“My man ly aan depressie en gebruik anti-depressante. Sy “sex drive” is omtrent heeltemal weg a.g.v hiervan begin hy nou weer depressief raak. ek wil net weet of daar nie dalk enige produkte is wat hy kan gebruik nie. Hy wil nie na die GP of apteker toe gaan nie, hy kry te skaam.”

PlayUKlottery.com - win up to 42 million Pounds

Antwoord:
Daar is, maar ongelukkig sal hy n dokter MOET raadpleeg, anti-dep mag nie saam enige ander medikasie geneem word as die dokter nie kennis neem daarvan nie. En dep. beïnvloed die libido NEGATIEF, asook die medikasie wat ‘n mens daarvoor gebruik.
Gaan sien jy dan maar ‘n dokter, jy het net die medikasie se naam nodig om die nodige hulp te kry.

Mooi Willem skryf:
“Ek is 33 jaar getroud. My goeie vrou ly aan depressie en hoë bloeddruk en gebruik medikasie vir beide. By haar is daar GEEN behoefte vir seks nie en ons was die afgelope 10 jaar nie eenkeer intiem nie. Hoe hou ek dit? Mastrubasie natuurlik. Geen skuldgevoelens nie. Ek loop nie rond nie, het nie ‘n girlfriend nie en besoek ook nie pornografiese sites of shops nie. Ek lees Litnet se erotiese verhale!! M A A R!!! Ek WENS daar was ‘n fisiese, aanvaarbare uitkoms!! ‘n Plek waar mense (mans en vrouens) om uiters persoonlike redes, WEL, intieme seks met mekaar kan hê, SONDER die “hoereer” etiket.”
Antwoord:
Daar is vreeslike baie mense wat dieselfde wens as jy koester….
Maar ongelukkig is daar nie sulke hulpmiddels beskikbaar soos fisieke seks op platoniese terme nie, behalwe natuurlik deur gebruik te maak van die onetiese….
Die medikasie wat jou vrou neem dra heelwaarskynlik daartoe by dat sy geen behoefte het aan seks nie en dan natuurlik beide depressie en hoë bloeddruk lei tot die toestand van seksuele drangloosheid. Ek wens ek kon jou help, maar ek stel voor jy soek kundige hulp by julle dokter.

Pro-Aropax skryf:
“Interessant om te hoor van mense wat probleme het met ereksies en dies meer, wat aropax gebruik. Ek gebruik die medikasie al vir langer as ‘n jaar en ondervind geen probleme nie. Ernstig.
Jags soos altyd…. die verskil is net ek huil nie meer as ek kom nie. Ha-ha!
Miskien is dit my sexy vrou….”

Anoniem skryf:
“My vrou ly aan depressie na n groot tragedie. Sy gebruik anti-depresante en dit werk baie goed, sy is weer meestal haar ou self. Dit onderdruk egter haar seksdrang erg. Nou is dit dalk 2 keer per maand, waar dit tot 5 keer per week was. Wat nou gedoen?”
Ben:
Jou dokter het heel moontlik die oplossing hiervoor. Lees ook die raad van ‘n leser onder.

Ek het die volgende vraag ontvang:
“Hi Ben
Ek en my man het ´n wonderlike sekslewe. Om eerlik te wees ek is altyd reg vir hom. Die probleem is – ek is nou vir ´n rukkie op Aropax en ek kan voel die medikasie doen my sekslewe nie goed nie – ek voel koud en kan nie ´n orgasme bereik nie. Ek voel al heelwat gefrustreerd en wil nie meer die medikasie gebruik nie – alhoewel ek dit nog vir ´n paar weke moet drink. Is daar nie dalk ´n ander raad wat jy het wat sal help. Ek voel dit begin vir my ´n probleem raak.”
– S

Ben:
S
My voorstel is dat jy jou dokter gaan spreek oor ´n moontlike alternatiewe behandeling of ´n aanpassing van jou bestaande medikasie. Ek is nie ´n mediese praktisyn nie en gaan jou moontlik nie van die beste raad voorsien nie. Hy/sy behoort meer insae in jou spesifieke probleem te hê.
Dit is so dat een van die newe-effekte van meeste antidepressante (waaronder Aropax; ook Prosac & Zoloft) ´n afname in die seksdrang is. Antidepressante kan ook jou vermoë om ´n orgasme te bereik nadelig beïnvloed.
Ek het onlangs interessante navorsing gelees oor ´n antidepressant genaamd Wellbutrin. Daar is bevind dat die spesifieke antidepressant nie net meeste mense se seksdrang onaangetas laat nie, maar die meeste gebruikers se seksdrang verhoog.
Antidepressante word opgedeel in verskillende klasse. Basies werk elke klas op ´n ander deel van die brein en liggaam om depressie die hoof te bied. Verduidelik jou probleem aan jou dokter en vra uit oor alternatiewe. Ek is seker julle kan saam ´n oplossing vind.

S** skryf:
“Ook eenmaal Aropax gebruik. Maak jou morsdood. Probeer iets soos Eglonyl wat nie daai probleem veroorsaak nie. Alle antidepressante van die SRI groep (serotonin re-uptake inhibitors) veroorsaak die probleem waarna jy verwys en dit sluit in Aropax, Prozac en ´n magdom ander. Indien jy antidepressante moet gebruik vra vir die dokter vir iets wat nie spesifiek ´n SRI is nie bv. Eglonyl of iets anders soos een van die groep tri-sikliese antidepressante bv. Trypilene.

Lewer kommentaar

Leave a Reply