Een testikel II

Ek het met groot aandag die brief van Bennie Rowles gelees (die persoon met die een bal). My ouers het op baie jong ouderdom my linker-testikel laat verwyder ondat dit nie afgesak het nie, en toe was dit onder-ontwikkeld. Gelukkig skort daar niks met die ander ene nie, en ek was gelukkig genoeg gewees om getroud te wees met ´n vrou wat geen probleem daarmee gehad het nie.
My vraag: Die hoeveelheid semen wat my bal produseer is nie (in my opinie) normaal in terme van volume nie. Ek dink dat dit moet meer wees, en het al gewonder of ek dalk iets aan my dieet moet verander om die volume so ´n bietie meer te maak.
Ek is ´n gesonde, seksueel aktiewe veertigjarige persoon en sal jou antwoord baie waardeer!
Groentis tot volgende keer!
– Anoniem

Ben:
Laat ek net duidelik stel dat ek nie ´n mediese praktisyn is en my dus nie te veel wil uitlaat oor onderwerpe wat in daardie veld tuishoort nie.
Ek kan jou wel meedeel dat jou een bal onder normale omstandighede genoeg semen behoort te produseer.
´n Gesonde dieet kan wel jou vrugbaarheid verbeter. Indien jy dus jou swemspan met meer ywer wil wegstuur is dit altyd ´n goeie idee om ´n gesonde dieet te volg en minder te rook en drink.

Lewer kommentaar

Leave a Reply