Een testikel

Ek is 33 jaar oud en het groot probleme in my jong lewe.
Ek wil bitter graag seksueel aktief wees, maar ek het net een knater (bal).
My laaste meisie het haar nat gemaak soos sy gegiggel het en het by haar vriendinne gespot.
Ek was nie eers bewus daarvan nie totdat een van my vriende se meisies my vertel het.
Meisies neem aan ek kan hulle nie bevredig soos ´n volkome man nie.
Dis nou ´n hele rukkie wat ek selebaat is en uiteindelik het ek ´n nuwe meisie gekry, maar omdat ek nie wil seks nie raak sy kwaad en sê sy het ook behoeftes.
Ek is bang sy lag ook oor my toestand.

Gee net vir my raad asseblief.

Groete
– B

Ben:

Bennie,
Een bal is absoluut niks om oor skaam te wees nie. Ons het eintlik net een nodig om normaal te funksioneer. Enige persoon wat vir jou lag is bloot onkundig.

Ek het self ´n vriend met een bal en hy is ´n kapokhaantjie onder die henne. Gewoonlik dryf hy die spot met die van ons wat moet rondsukkel met twee. Sy gunsteling uitlating is om te sê dat hy minder het wat hom terug hou.

Konsentreer eerder op iets soos jou selfvertroue en jy sal nooit weer hoef te dink aan knaters nie.

Dokkie het ook die volgende hieroor te sê:
Daar is ´n oplossing vir die persoon met een testikel, deur middel van ´n betreklik eenvoudige operasie.

Besoek ´n plastiese chirurg wat ´n prostese sal inplaas. Dit wondjie genees vinnig en niemand sal ooit kan raai dat daar iets geskort het nie.

Groete

Lewer kommentaar

Leave a Reply