Help! Geen ereksie!

J***** **** skryf: ” Ek sal net graag wil weet is daar ‘n eet kurses of iets wat ‘n man kan dan om ereksie aan te help Ek kry ereksies ..veral in die oggend as ek wakker word maar saam die vrou van my lewe waneer ek moet perform dan is dit net weg Ek verloor gou aandag ..sal ‘n halwe ereksie kry en dan verdwyn dit net. Ek is 45 jaar oud en gesond (of so dink ek ) Ek rook en ek kry die verskrikliksste hoofpyne waarvoor ek die afgelope 10 jaar grandpa hoofpyn poeiers drink want is al goedkoop pynpille wat help. Kan dit die oorsaak wees van die ereksie afwyking En hoe raak ek onslae van die hoofpyn sonder om twee grandpa’s te drink Ek voel ek is verslaaf aan die grandpa s”
Antwoord:Het jy al ‘n geneesheer gespreek oor jou hoofpyne?


Sakkie skryf: “Ek wil graag weet watter oefeninge kan ek doen vir n beter ereksie. Ek ondervind die afgelope 3 tot vier maande so n probleem. Ek weet dat ek tans onder geweldige stres is. Wel verder is ek gesond. Moontlik kan die oefeninge help.”
Antwoord: Die stres is waarskynlik die grootste oorsaak vir jou probleem en jy behoort eerder te fokus om daarvan ontslae te raak.
Mike skryf:
“Ek glo ek is seker nie die enigste een wat met die probleem sit nie.
Ek is 48 en het hoë bloeddruk sowel as suikersiekte. Alles het goed gegaan tot sowat ‘n maand en ‘n half gelede. Skielik wil die arme ou Jakob nie die hele tyd styf bly nie, sommer so in die ry word hy pap. Ek het bitter min koffie gedrink, maar nou dat ek die afgelope tyd nagskof gewerk het het ek geweldig baie koffie gedrink. Kan dit dalk ‘n rol speel? Ja, ek drink ‘n paar doppe whisky maar het nog nooit die probleem gehad nie. Enige raad sal waardeur word.”
Marthie:
Nee, die koffie het beslis nie veroorsaak dat jy sukkel met ‘n ereksie probleem nie, daar is egter vreeslik baie ander redes wat kan bydra tot die tipe probleem, maar koffie is nie een daarvan nie. Verkeer jy nie moontlik onder meer druk/stres as gewoonlik nie? Eet jy gesond? Soms gebeur dit dat ‘n man vir n rukkie gebukkend gaan onder die lastige probleempie, veral hoe ouer ‘n man word, maar jy is nog lank nie te oud of te koud nie, so my raad is dat as die probleem langer duur as so 3 tot 6 weke, gaan sien jou dokter. Drank het ongelukkig, onder andere, die geneigtheid om mans te laat sukkel met blywende ereksies, maar die hoeveelheid drank wat elke man kan inneem voor dit nadelig word in die behoud van ‘n ereksie, verskil ongelukkig van man tot man, so dit sal vir my onmoontlik wees om te sê hoeveel drank jou gaan beïnvloed.
Nog een baie belangrike ding: moenie te veel dink aan die probleem of jouself kwalik neem nie, want hoe meer jy dink daaraan en bekommer daaroor, hoe groter is die kans dat die probleem kan vererger. Onthou, dit gebeur met meeste mans, al ontken die meeste van hulle dit…. (dit kan later ‘n “all in the mind” probleem word, veral as jy dink jy is minder man, wat jy nie is nie, net normaal, met normale mans-probleme, onthou dit asseblief.)
Baie sterkte


A skryf:
“Ek is 41 jaar en 3 jaar getroud met ‘n man van 65 jaar. Vroeër was hy impotent en het viagra gebruik, voor sy egskeiding met sy gewese vrou. Ons sekslewe is gesond, sonder enige viagra. Sy antwoord hierop aan ander ou mans is net die regte vrou, daarvan weet ek nie so mooi nie, maar ons is baie gelukkig en seksueel gesond.”


Hi
Ek wil net graag ´n paar goed uitvind. Ek is geneig om vinnige ereksie te kry, soms kan ek uit hou en langer aan gaan, maar party keer help niks nie, en as ek my kan kry is dit verby.
Maar gelukkig maak dit vir my saak dat my maat ook bevredig word en dit doen ek deur vooraf om haar met my mond en vingers te bevredig of naby orgasma te bring voor ons sekueel verkeer.
Maar ek weet daar is al baie geskryf en verskilende antwoorde, om langer te kan terug hou voordat ek klimaks kan bereik.
Ek het een keer depetrone en viagra saam gebruik, wel ek het meer as ´n uur aan gehou en kon nog aan gaan. Maar ek kon nog nie sê of dit die kombinasie van die 2 was of sameloop van ander dinge nie.
Wat ek ook wil weet is daar voorgeskrewe goed wat mens kan gebruik of nie. Ek weet daar moet ´n paar nuwe produkte op die mark wees, vandat ek laas die dokter gaan spreek het. Maar gaan dit werk?
Ben:
Wanneer die manskap nie meer op aandag wil spring vir jou om genoeg plesier uit seks te kry nie, dan is daar ´n probleem. Wat volg is ´n bose kringloop waarin mens jou bly bekommer en die ou se kop nog meer begin hang van al die bekommernis.
Die ongelukkigheid wat volg rig meesal skade aan jou verhouding aan en kan dit selfs vernietig in uiterste gevalle.
In verband met jou vraag oor medikasie gaan ek my nie uitlaat nie, want jou dokter sal jou beter informasie kan gee en ook dalk help met eksperimentasie om uit te vind wat help.
´n Oormaat alkohol en dwelmgebruik het gewoonlik ´n nadelige invloed op ´n ereksie. Meeste mans se vlag hang egter weens ´n fisiese probleem. Diabete wat nie behandeling ontvang nie het gewoonlik probleme met ´n ereksie en so ook persone met hoë bloeddruk.
Aangesien dit voorkom of jy ´n idee het oor die oefeninge wat mens kan doen om jou ereksie te verbeter wil ek die volgende aanbeveel:
Hou matigheid voor oë met die drank.
Rook minder.
Doen gereeld oefening.
Kry genoeg slaap.
Vind maniere om van jou daagliks spanning ontslae te raak.
Praat met jou bedmaat oor die probleem.
Vermy dwelms.
BAIE BELANGRIK!!! Leer gesonde eetgewoontes aan!!!

Dit klink of jy en jou dokter tog hierdie probleem onder sy gat gaan skop. Gaan maak jou plan saam met jou dokter. Vra die dokter ook uit oor die gebruik van natuurlike middels.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Ek verstaan bo se problem, ek het nie n antwoord nie. Ek sit egter in n situasie waar ek nou werklik help/raad soek.Ek is n getroude 57 jaar man,redelik fiks, doen alles self, het n goeie gesin, goeie werk en so aan. My problem is dit, my vrou is yskoud wat seks betref, ja sy is lief vir my, goed vir my, ai maar ek kry swaar sonder seks.as ek daaroor praat is ek heeltemal uit lyn uit en in die moeilikheid.Ek het 2 weke gelede gegaan vir in prostaat operasie,die afkorting vir die prosedure is TURP, basis snitte van die prostaat gesny om die drukking op die blaaspyp toe verlig,ek sterktans aan by die huis,vat alles baie kalm,die operasie was n groot sukses as ek sien hoe ek nou urineer inverglyking met voor die operasie,egte wat ek nou deel met julle is soos volgens, Voor die operasies het ek n baie goeie seksdrang gehad, goeie ereksies en alles, maar die saad wat op ejakulasie uitkekom het was maar n klein ou. drippeljie.gedurende die herstel tydperk mag ek nie seksuele omgang he nie vir 4 weke. So ek bly baie kalm wat dit betref. Hier is dit nou, ek het die afgelope klompie jare maar so 2 of 3 keer n jaar seks by my vrou gekry nie, ek het haar nog nooit verneuk nie, we'll gekyk na ander vrouens, full stop, maar ek hetgereeld gemastubeer. Nou na die operasie en na die 4 weke herstel verby is sal ek weer kna mastubeer, ek het nou met my vrou mooi gepraat en probeer dat sy darem ook moet verstaan dat n man is maar n man en datsy my moet probeer uithelp. Sy wil niks weet nie, wat nou, ek wil nie meer mastubeer nie,wil rerig seks met n vrou geniet, hoe kan ek nou maak, ek is regtig moedeloos, help my asseblief iemand,Alan.

  2. Het sy nie 'n familielid met wie jy dit kan bespreek nie? Iemand wat dalk namens jou met haar kan gaan praat. Ek neem aan sy wil ook nie met 'n professionele person hieroor praat nie. Is dit alles fail sou ek hard ball speel – sou haar vertel ek het behoefte aan vrou nodig en gaan dit kry – met of sonder haar hulp. Al beteken dit ek moet 'professionele' hulp kry.

  3. My man 42 sukkel deesdae om ereksie te kry dit was nooit so nie. Ons het fourplay ek kry hom styf maar soms so vinnig as wat ek hom styf kry so vinnig word hy pap. Dit het al gebeur dat hy pap word terwyl ons sex het. Hy voel gefurstreed as dit gebeur ek is die een wat vir hom sę dis nie so erg nie en ek het baie geduld en verstaan, maar hy wil dit nie altyd so insien nie. Wat kan ek doen om hom te help want ek weet en besef dis nie vir hom maklik nie. Is daar dalk 'n middel of iets wat ek vir hom kan kry. Ons praat ook daaroor en ek sę baie vir hom dit maak hom nie minder man nie, maar ek kan sien dit vreet aan hom

Lewer kommentaar

Leave a Reply