Jason skryf:
“Ek het klein ballas. Ek wou net weet hoe maak mens dit groter? Kan dit komplikasie eendag veroorsaak? Ek het al seks gehad en toe voel ek niks, nou dink ek, ek gaan maar gay raak, want ek sal nooit vrouens kan plesier gee nie…HELP”
Ben:
Jy het nie groot ballas nodig om plesier te put uit seks of om vrouens plesier te verskaf nie.
Om manlikheid te koppel aan groot testikels is maar een van daai primitiewe idees waarmee onkundiges nog rondloop.
Mans se testikels is geneig om te sak hoe ouer hulle word. “Groot” testikels kan dus soms ´n aanduiding van ouderdom wees.
Ek begryp nie heeltemal waar jy nie iets gevoel het tydens seks nie. Jy sal nie veel voel in jou testikels nie, behalwe dat dit meer gevoelig is en jy het dit beslis nie nodig om ´n vrou plesier te verskaf nie.
Indien jy steeds voel jy het ´n probleem stel ek voor jy gaan spreek ‘n dokter.
Onthou, put your mind over the matter. Moenie dat klein ballas jou pla nie my maat. En glo my daar is nie net iets soos gay word nie. .mens is so gebore. Jou ballas het niks uit te waai met plesier gee vir 'n vrou nie