Gay of nie

Johan skryf: “Daar is websites waar die ou mense kan ontmoed soos www.gumtree.co.za, gaydar, mambaonline, dis uitstekend vir gay mans wat nie in bars en clubs uithang nie. Dan is daar ‘n gay koerant met die naam EXIT beskibaar by CNA vir R15 daar is kontak besonderhede vir gay kerke en dies meer in. Stuur tog vir hom aan sodat hy sy deksel kan vind.”


**** skryf
Dankie vir jou bydraes … dit is baie interessant. ek is ‘n 33 jarige ou wat baie suksesvol, professioneel, finansieel afhanklik en stabiel is. Al my vriende en vriendinne sê vir my ek is aantreklik. Die probleem is ek is single al die afgelope 8 jaar. Ek sukkel vreeslik om iemand te kry om belang te stel in my. Ek moet byvoeg ek stel nie belang in kroeë, clubs en dies meer nie. Ek vind dit baie moeilik om ander gay ouens te ontmoet. Is daar enige bronne of plekke in die JHB omgewing? Ek hou ook van mans wat MANS is en nie queens nie. Die ding is ek is nogal skaam en sal nie sommer met vreemdelinge praat nie. Snaaks genoeg in my professionele lewe is dit nie ‘n probleem nie aangesien ek ‘n baie senior posisie beklee my ‘n enorme maatskappy. Maar met my persoonlike lewe is dit ‘n ander saak.
Ek slaap nie rond nie en sal ook nie. Ek het so lanklaas intiem verkeer dat ek dink daar is iets fout met my.
Ek wil ook byvoeg dat my beste vriendin se swaer en ek baie goed oor die weg kom. Hy is getroud en ek is mal oor hom en sy vrou. Die probleem is ek het die laaste tyd meer gevoelens vir hom ontwikkel. Hy weet nie van my gevoelens nie. Hy is ‘n eks-polisieman, ongelooflik aantreklik en het my oriëntasie aanvaar sonder enige probleem. Hy is ook goeie geselskap vir my en hy het al vir my gesê hy geniet my geselskap ook. Ek ondervind deesdae baie sterk emosies as ek aan hom dink. Ek fantaseer oor hom en dat ons seks het. Dit pla my baie, want ek het integriteit en voel sleg oor die saak, want ek het hom en sy vrou baie lief en het baie respek vir albei.
Help asb, ek is ‘n doodgewone gay ou wat op soek is na ‘n lewensmaat … maar hoe benader ek dit?

Marthie van Zyl:
Ag ek wens ek kon jou help, maar ongelukkig kan ek jou met die een nie werklik help nie. Ek kan net sê wat almal sê en ek wil nie, jy weet mos … elke pot kry sy deksel …
Baie sterkte.


A*** skryf:
“Ek loseer tans by mense, met wie ek ‘n goeie verhouding het, my probleem is, dat sy en haar man geen sex meer het nie, ons speel baie met mekaar, dan sal sy altyd aan my borste vat en maak asof dit ‘n ongeluk is, ons het ‘n baie goeie verhouding en wil dit nie opmors om haar te vra of sy dalk gay is nie, al die tekens is daar, sy sal my hand vashou en as iemand nader kom sal sy dit los, sy sal dat ek met haar terug speel as niemand in die vertrek is nie, maar sodra iemand inkom sal sy ‘koud’ word teenoor my. Ek weet nie, dalk sien ek nie reg nie, my tweede vraag aan jou is, ek fantaseer oor vroue maar is tans in ‘n verhouding met ‘n wonderlike ou en is baie gelukkig, is dit net ‘n stadium waardeur ek gaan?”

Marthie van Zyl:
Dit is nie so maklik om jou vrae sommer net te beantwoord nie, my beste raad aan jou sou wees om ‘n terapeut of sielkundige te gaan sien, want enige seksuele denke aan dieselfde geslag persoon as jy, is NIE ‘n FASE nie, maak ‘n afspraak en kry kundige hulp in verband met die probleem.


Onseker skryf:
“Baie dankie vir die geleentheid, ek waardeer dit regtig baie.
Ek is getroud en gay. En ek reken ek is gelukkig getroud. Maar ek het ‘n behoefte aan man tot man kontak om seksueel en emosioneel gelukkig te wees en om in die slaapkamer dus ook gelukkig genoeg te wees om gereeld met my vrou omgang te kan hê. Sonder man tot man kontak is ek gefrustreerd!
In 2000 het ek hierdie getroude gay man ontmoet, en reg van die begin af het dit gekliek tussen ons op alle gebiede. Hy is wat ek nog altyd wou hê en oor gedroom het. Ons het ook huisvriende geword, en het dus nie skelm hoef te ontmoet nie. Kans om mekaar werklik ongehinderd en ontspanne te kon geniet was daar nie werklik nie, en die seks tussen ons moes dus altyd vinnig en gejaagd wees, maar tog ook bevredigend. Ek sou vir die res van my lewe so sou kon voortgaan, en was vervul, seksueel en emosioneel.
Toe in 2004 besluit hy om te skei. Op ‘n dag gevra ek moet hom nie meer bel nie, want sy dinge is baie deurmekaar. Ek het ingestem sonder om vrae te vra, want ek was onder die indruk dat hy wil werk aan sy huwelik. In November 2004 het hy uitgetrek by sy vrou en pas glo ‘n geskeide manlike kollega in Johannesburg se huis op vir ‘n jaar. Ek bel hom af en toe en dan is hy bot, maar tog praat hy met my, oor ditjies en datjies. HY het dus nog nie in soveel woorde vir my gesê dis verby tussen ons nie en ek wil hom kans gee om sy kop skoon te kry en wil dus nie druk op hom plaas nie. Ek weet dus nie of hy by iemand anders betrokke is en of hy regtig nog oorweeg om na sy vrou terug te keer nie. Ek kan nie verstaan as daar iemand anders is, hoekom hy my nie maar sê nie, en of hy nog iewers in die toekoms ons verhouding weer wil hervat nie. Ek weet nie wat om te dink nie. Ek het al vir hom gesê ek sal hom soveel tyd as nodig gee om sy kop uit te sorteer. Hy het niks daarop gesê nie, slegs kennis geneem.
Indien hy sou terugkeer, sal ek hom terugneem, want ek wil nie weer in ‘n gay verhouding betrokke raak nie. Na hom sal daar nooit weet iemand anders wees nie. In tussen het ek slegs nou en dan platoniese seksuele kontak met ander getroude mans. Ek wil vir hom wag, maar ek weet nie of dit die regte ding is om te doen nie. Moet ek hom maar vergeet en aanbeweeg?”
Ben:
Beweeg aan. Ek weet dit klink hardvogtig, maar na my mening is dit die beste wat jy vir jouself kan doen. Indien hy werklik jou as ‘n emosionele en liefdesmaat gesien het sou hy al aan jou deur geklop het.
Nog iets wat jy vir jouself kan doen is om eerlik te wees oor jou seksualiteit. Hierdie tipe situasies kan net onskuldige partye baie seer maak. Ek kan ook nie dink dat dit jou enigsins tot voordeel kan wees nie. Die lewe bied jou soveel meer wanneer jy eerlik met jouself is oor wie en wat jy is. Dit sal ook jou kanse verbeter op ‘n verhouding wat jou emosioneel en fisies stimuleer.


J**** skryf:
“Baie dankie vir al die leesstof Ben. Ek het weer die skrywes van Koedoebul en Anoniem gelees en besef dat ek ook dalk ‘n probleem het. Wel my storie is as volg: Ek is 46 jaar oud en het heelwat vriende. Ons braai gereeld en kuier soms net vir die lekker. Al my vriende is getroud, net ek is sowat 11 jaar al geskei. As ons braai of rugby kyk word daar mos maar altyd gepraat van seks en seksgrappies. En van ons maats, noem hom maar G, wil altyd saam met my loop as ek wil gaan pee. Dit is nie vir my ‘n probleem nie. Ons praat dan maar weer in die lyn van seks. Hy wil altyd weet wanneer ek laaste draad getrek het en maak altyd grappies oor my penis (dat hy dalk klein is of groot is). Dit lyk vir my asof hy my wil uitlok om hom te wys. Hy het al eenkeer, toe ons gestaan en pie het, vir my gesê dat ek moet kyk hoe sy penis lyk.
Ek is bi, en sal nie omgee om met hom te speel nie. Ek is net bang dat dit sy manier is om uit te vind of ek bi is en dan vir die ander ouens sal sê. Wat net vir my snaaks is, is dat hy nooit so praat as al die manne bymekaar is nie.
My vraag is, moet ek direk vir hom vra wat sy storie is, of hy meer as net vriende wil wees?
Ek sal graag met hom wil speel maar is bang hy probeer my net toets. As my vriende uitvind, weet ek hulle sal my verwerp.
Wat moet ek doen?”

Ben:
Maak oop daai deur! Klim uit die kas uit! Wees wat jy is! Vergeet van enige agteraf seksuele verhoudings aanknoop. Maak eers vrede met wie en wat jy is. Jy veroorsaak net onnodige probleme vir jouself deur jou seksualiteit te verberg.
Wat ek vir Koedoebul gesê het geld in ´n groot mate vir jou ook.
Jou vriende behoort respek te hê vir persoonlike keuses, of hulle nou daarmee saamstem of nie.
Gaan spreek ´n pro oor jou probleem en moontlik kan hy/sy jou help om uit daai kas uit te kom. Maar kry eers jou kant reg voor jy jou in iets begewe wat jou net meer probleme kan besorg.


Anoniem skryf:
“Ek is getroud met ´n man wat finansieël stabiel, aantreklik, intelligent, saggeaard en godsdienstig is en my laat lag. Die seks is uit die boonste rakke. Ek het reeds vroeg in ons huwelik besef dat daar tog nog iets skort wat my man nie vir my kan gee nie.
In die begin kon ek self nie my vinger daarop lê nie, maar na die eerste intieme ondervinding met ´n baie spesiale (getroude) vriendin, het ek geweet wat dit was. Ek en sy deel graag ons diepste hartsgeheime. Miskien verstaan vroue mekaar net beter en die een weet wat die ander een wil hê. Ons vriendskap is vir ons baie belangrik en ek weet my man verstaan dit. (Hy weet natuurlik nie van ons seks nie).
Dit is nie my eerste verhouding met ´n ander vrou nie. Die ander verhoudings was net nie so opwindend en uitdagend soos hierdie een nie. Die vriendin het nog nie voorheen so iets saam met ´n ander vrou gedoen nie, maar tog weet sy so baie daarvan. Presies waar om aan my te raak, wat om te sê, die sagte aanraking, en hoe lank om aan te hou. My hart het nog nooit so vinnig geklop saam met enige (man of vrou) nie. Dit is net veel anders as met die ander vrouens. Die behoefte wat geskort het in my getroude sekslewe kon die vriendin bevredig.
Ek is gewoontlik die een wat die eerste move moet maak, maar sodra sy ´n paar drankies in het doen sy iets van haar kant af. Wat moet ek doen sodat sy die eerste move moet maak wanneer sy nie gedrink het nie?
Ek weier om te glo dat ek lesbies is. Ek stel beslis ook in mans belang, maar daar is iets in vroue wat dit net vir my doen.
As ek byvoorbeeld na ´n “Blou film” kyk dan is dit asof die lesbiese tonele eerder iets vir my doen as hetrroseksuele paartjies. Homoseksuele mans is nie ´n toneel wat ek graag kyk nie. Sorry gay mans, maar ons vroue hou nie daarvan nie. Geniet julle dit maar.
Ek en my vriendin het nou al vir 4 jaar die verhouding en dit werk goed. Is daar fout met ons?”

Ben:
Vir eers moet ek my weerhou van raad oor “die eerste move maak”. Ek stel voor jy volg die raad wat ek elders op hierdie blad gee vir diegene wat ook worstel met hul seksuele identiteit.
Dit klink ook nie asof jy daaraan gedink het dat jy biseksueel kan wees nie.


Koedoebul skryf:
“Hi Ben,
Ek en my vriend (B) het in die parkeerarea in my kar gesit en toe sê hy vir my hy het ´n pee. Ek sê toe dat ons kan tiolet toe loop, maar hy wou niks daarvan weet nie, want hy kon nie meer hou nie. Hy het toe voor tot by die kar geloop en op sy knie gegaan en sy broek losgemaak en net daar gepee. Dit was ´n lang pee en ek het net daar gestaan en my verstaar aan sy groot bal. Ek is 23 en hy is 18 en syne is seker twee keer groter as myne. Dit is nie al nie, hy is die enigste een onder ons vriende wat die grootste wa het op so ´n jong ouderdom en dit lyk vir my dat toe die Man van bo balle uitgedeel het toe staan hy eerste in die lyn.
Wel die probleem kom nou in met dat ek hou van wat ek gesien het. Ek het ook die begeerte om daaraan te vat en net vir hom af te skommel. As ons praat oor seks en vroumense dan dink ek net daar aan hoe groot syne is en wat hy alles kan doen met daardie hammer, maar wat ek wil hê is om aan syne te vat en bietjie daarmee te speel. Nou sê nou vir my is dit reg om so te voel of toon ek neigings na gay en wat moet ek doen.”

Ben:
Koedoebul,
Jy vra of jou gevoelens reg is. Ek kan onmoontlik vir jou sê dat dit verkeerd is. Jy word seksueel geprikkel en dit is jou persoonlike ervaring.
Op die oomblik fantaseer jy oor jou vriend se geslagsdele. Ek sou dit problematies vind as iemand jou seksualiteit gaan vaslê op grond van een fantasie.
Ek sou voorstel jy gaan spreek ´n professionele persoon indien jy sukkel om duidelikheid oor jou eie gevoelens te kry.
Dit sal ook goed wees as jy vir jouself kan duidelikheid kry oor hoe presies jy voel oor jou vriend en moontlik ander vriende en vriendinne. Gee aandag aan hoe jy voel, nie aan hoe jy dink jy behoort te voel nie.


Ek het die volgende brief ontvang:
“Beste Ben,
Ek is 26 jaar oud en het so half en half ´n moeilike probleem en soek so bietjie verligte raad. Ek en is twee jaar gelede met die wonderlikste vrou getroud, ons het voorhuwelikse seks gehad maar dit het nie enige implikasies so ver gehad nie. Die ding is, sy is nie so, kom ons sê maar warmbloedig soos ek nie. Ek masturbeer ten minste twee keer per dag, al het ons seks, partykeer tot vyf keer. Sy het toevallig so een of twee keer al op my ingeloop maar gegiggel daaroor. Ons het ´n hegte verhouding en eksperimenteer graag met allerhande dinge. Ek is ook die eerste man met wie sy seks gehad het, en wonder soms of sy nie dalk met ander mans ook sou wou slaap nie, jy weet dinge uit toets. Sy het een aand met ´n partytjie so bloot opgemerk dat my beste vriend van varsity (kom ons noem hom S) ´n lekker groot voël. het. Ek vra toe bloot onskuldig hoe sy dit weet, waarop sy geantwoord het dat meisies sulke dinge kan sien, wel, die aand terug tuis het ons van ons beste seks ooit gehad.
Die tweede deel van die probleem is, dat ek die insident soos bo verduidelik lankal vergeet het, en ek en die vriend steeds sonder enige drama saam kuier. S was maar ´n ou ramkat op varisty en het die meisies op toue bed toe gesleep, het net altyd van die vreeslike wilde aande gehoor. Onlangs het ons klomp manne, die vriend inkluis, gaan jag op ´n plaas en die eerste aand al het die manne net van draadtrek en meisies gepraat, twee ouens het porn tydskrifte saamgebring en meeste ouens, ek ook tot my spyt, het sommer saam sit en draadterk. Nou uit koshuis dae weet ek dit is nie so ongewoon nie. Dit het die tweede en derde aande ook gebeur, maar bloot net dit. Ek moet darem by sê ons almal was lekker getrek en die brandewyn het gepraat, en die hele naweek was dit maar ´n spelery en so.
Terug by die huis, ook na ´n paar drankies, besluit ek en S toe maar ons sal een aand (my vrou was uitstedig) porn videos huur, dit was die Donderdag na die naweek, met al die pret van die naweek nog vars in die geheue. Het toe so gemaak en kort voorlank het die broeke weer gewaai. Dit het egter nou die laaste tyd gereelde ding geword. Hy het ook in tussen van ander die ouens wat op die jag-ekspidisie was weer genooi vir ´n groep-aksie. Nou is dit so geheime storie wat net die coolste manne na toe genooi word, en hulle vat dit as ´n kompliment. Party vroetel ook met mekaar somtyds, een ou, nogal ´n talentvolle heelagter, wou my al ´n blow-job gee, ek was toe bang en sê nee. Ben, ek verstaar my so aan die ouens ek vergeet skoon om die movie te kyk. Ek het in tussen ook ´n ligte fasinasie vir lekker dik boere-piele ontwikkel.
S het na sy wilde varsity eskapes darem ook so jaar en ´n half al ´n vaste meisie, vreeslik sexy maar die seks blyk nie te wees wat hy wil hê nie, te min opwinding sê hy. Maar, ek was geskok gewees toe ons een aand saam met ´n klomp ander ouens kuier en hy vertel hoe baie hy moet draadtrek per dag om hom self te bevredig (en ek voel toe skuldig!, dit was niks!). Wat vir my nog meer vreemd is, is dat hy altyd so half homofobies was, wou hê niemand moet dalk dink hy is gay nie, nou trek ons sommer saam draad.
Ben. Voor ek by die dilemma kom moet ek sê dat S en ek ´n baie tramatiese eerstejaar as koshuis groentjies gehad het en dat daar baie gevalle van seksuele misbruik en teistering was, ek het gelukkig die meeste en ergstigste van dit vrygespring, maar ek het ´n vermoede dat S nie het nie en dit een van die redes is vir sy obsessie met seks.
Kyk ou Ben, dis seker obvious, maar ek is vir die ou so lief soos vir ´n broer, en ons kyk na mekaar. Die ding is, ek dink ek voel meer om vir hom as ek moet, en ek is NIE GAY NIE, ouens het dit nog nooit vir my gedoen nie. Die laaste vyf maande is die bizarreste tyd van my lewe. As ons, mekaar sien omhels hy my soos ´n broer en het al drie, vier keer ´n ereksie teen my voel druk. Ben ek fantaseer om met die ou seks te hê. Ek is op ´n manier lief vir hom.
Nou wil ek weet:
Is ek gay?
Wat moet ek met die ou doen? Of dink jy as ek hom bed toe sleep sal als verby gaan of normaliseer?
Dit klink of my vrou hom aanvaarbaar en aantreklik vind, moet ek haar vra of sy met hom wil seks h≖, miskien ´n threesome?
Gee tog jou opinie oor die groep draadtrekkery? Is dit gesond? Kan ouens, al is ons in ons twintigs maar bietjie vroetel met mekaar?
– Anoniem”

Ben:
Anoniem,
Twee jaar is ´n betreklike kort tyd om te oordeel dat jou vrou nie so “warm” soos jy is nie. Op seksuele gebied moet daar nog baie water in die see loop. Onthou tog altyd dat daar twee kante aan so ´n saak is. Van jou kant af kan jy jou algemene benadering heroorweeg. Gaan gerus deur my ou artikels vir idees in die verband.
Draadtrekery in ´n groep is nie ongewoon vir jong mans wat met hul seksualiteit eksperimenteer nie, maar ek kan dit nie goedpraat as die betrokke persone getroud is of in ´n vaste verhouding staan nie. Dit wys net weer daarop dat mens moet sekerheid hê oor ons seksualiteit voor ons ons in ´n verhouding begewe.
Niemand kan vir jou sê of jy gay is nie. Seksualiteit is ´n persoonlike keuse.
Na my mening bied die “bed toe sleep”- of “threesome”-idee beslis geen oplossing in jou geval nie, dit kan dalk net meer skade berokken aan alle betrokke partye.
My voorstel aan jou is om vir eers jou eskapades eenkant te plaas en met ´n sielkundige te gaan praat. Hierdie storie kan lelik hand uit ruk en onskuldige mense kan baie seerkry. Professionele hulp kan vir groot waarde wees en jou help om die kloutjie by die oor te bring.
Hoop jy volg my raad!

Lewer kommentaar

Leave a Reply