Jeeves skryf:
“Hello, ek hoop dis die regte plek om te vra. Ek wil weet oor penisdinge. Kolle, wit kolle wat amper soos puisies lyk op my penis, amper onder al by die sak. Sover ek onthou is dat al jare daar, en het nooit gepla nie. Doen steeds nie. Mens kan dit duidelik voel as jy oor dit vryf. Ek gaan net nooit ´n dokter gaa vra nie, so ek wil weet wat dit is, indien moontlik. Wil nie worry nie. Dankie.
Van die wonderlike warm noorde! Totsiens.”
Ben:
Jeeves,
My onderstaande antwoorde behoort vir jou van hulp te wees.
Anoniem skryf:
“Hi
Ek is te skaam om dokter toe te gaan en gewonder of jy my kan help. Ek het goed wat lyk soos zits op my knaters en penis. Wat kan dit wees en wat kan ek doen.”
Ben:
In die eerste plek moet jy jou skaam in jou sak druk en sorg dat jy so gou as moontlik by ´n dokter kom. Maak nie saak wat dit is nie, dit mag nadelig vir jou gesondheid wees. Jy wil tog nie regtig sukkel met ´n probleem by jou geslagsdele nie.
Ongelukkig verskaf jy te min besonderhede vir my om ´n idee te kry van wat dit moontlik kan wees.
Daar is baie klein knoppies wat sommige mans op hul geslagsdele het. Indien jy hard probeer kan jy hulle selfs uitdruk. Dit is normaal en as gevolg van klein kliertjies.
Knoppies wat jy nie in die omgewing wil hê nie is genitale vratte. Dit is ´n seksueel oordraagbare siekte.
Dit is klein vleeskleurige knoppies, soms so klein as 1 millimeter in deursnee, maar kan ook in klein groepies saamkoek wat baie groot lyk.
Die vratte kom by beide mans en vrouens voor. Dit kan ook uitbrei tot by die anus of selfs in die mond voorkom in gevalle waar oordrag deur orale seks was.
Dit kan behandel word, maar is steeds baie gevaarlik. Die virus wat dit veroorsaak word verbind met servikale kanker. Dit word ook verbind met ander tipes genitale kanker.
******
Ek wil graag weet. Ek bad elke aand maar het daagliks die vreeslikste gejeuk op die kop van my penis, ek het al alles probeer, behalwe om dokter toe te gaan. Miskien het jy vir my raad! Dankie
– Anoniem
Ben:
Anoniem
Ek kan jou nie help nie! Jy sal jou dokter so gou as moontlik moet gaan spreek vir ´n diagnose!
Bietjie meer oor ´n seksueel oordraagbare siekte wat wel jik:
Indien daar pienkwit vlesige bulte op jou geslagsdele voorkom het jy heel moontlik genitale vratte. Dit kan jeuk.
Die dokter sal jou vratte moet afvries.
Sommige soorte vratte word verbind met servikskanker.
Sit daai kondoom aan!
