Praat daaroor

Ek het hierdie oulike brief van ´n jong dame ontvang:

“hi daar,

ek vind jou hoekie baie hulpvaardig, alhoewel daar sekere dinge is wat my laat bloos.
ek en my man is nou ? jaar getroud. ons het vir ? jaar saamgebly voor ons troue. Nie een van ons ouers was baie ingenomie met daardie saak nie. Eers was ons vertel van watse sondaers ons is om nie te trou nie, en nou dat ons getroud is word daar vir ons vertel dan hulle nou baie oud word en wil darem met hulle kleinkinders speel voordat hulle seniel raak. Ons kan ook nie wen nie kan ons.
Dit het my omtrent 4 jaar geneem om vir my man te verduidelik dat as ek nie regtig in die bui is nie, moet hy vir ons ´n pornografiese vliek opsit. Hy het nog altyd gedink dat dit vieslik is, maar nou geniet hy dit saam met my.
Ek dink die probleem is dat ons altwee in baie streng huise groot geword het. Ek wil nie soos ´n slet voel en dinge uit my eie doen nie, ek wil eerder dat hy dit eerste noem. Partykeer probeer ek vir hom iets wys, sonder om dit vir hom te wys, as jy weet wat ek bedoel, en as hy nie dit dan doen nie is ek sommer kwaai met hom, dan weet hy nie wat hy verkeerd gedoen het nie.
Vrouens is ook maar moeilike goed nê. Ek is ook nou nog te skaam dat hy na my moet kyk as ek kaal is, kan jy dit oorvertel, maar maak nie saak wat ek doen nie, skaam bly ek skaam.
wel, ek het nou lekker gesels, hoop nie ek het jy te veer verveel nie.
lekker bly”
– ?
Ben:

Indien die briefie iets demonstreer dan is dit net weereens die belangrikheid van kommunikasie, en kommunikasie in die slaapkamer moet sommer bo aan die lys wees.
Niemand ken hul eggenoot so goed soos jy nie. Elkeen moet die vrymoedigheid hê om ten minste te probeer om sy/haar seksuele behoeftes met die persoon waarmee hulle in die eg verbind is te bespreek. Jy sal die beste weet hoe om ´n sekere onderwerp met jou maat aan te roer.
Meeste van ons wil graag ons bedmaats seksueel stimuleer soos wat hulle daarvan hou, iets wat ons nie sommer oornag kan uitsnuffel nie. Die beste en eenvoudigste metode is om bloot daaroor te PRAAT. Sê vir hom/haar hoe, wat en waar! Onthou ook dat ´n Ooooooh of ´n Aaaaaah op die regte tyd ook ´n vorm van kommunikasie is.

Lewer kommentaar

Leave a Reply