Hulp met seks

Anoniem skryf:
“Ek is 5 jaar getroud. Ek het ‘n goeie man en ons het ‘n hegte verhouding. Ek ervaar soms geen seksuele drange nie en is ook nie baie kreatief nie. My man het al gesê dat ek hulp met seks nodig het. Is daar hulpmiddels wat ek kan kry, ek is maar onkundig in seks. Ek sal bly wees om te weet of daar veskeie tegnieke is vir ‘n vrou om orgasme te kan bereik. Ek wil myself verbeter aangesien dit ‘n plig is van ‘n goeie vrou. Ek is woonagtig in Brits en het al oorweeg om klasse te doen in eksotiese danse, maar weet nie waar nie. Ons is altwee gelowige mense en is getrou aan mekaar. Moet ek ‘n psigiater gaan sien? Ek hoop jy verstaan my boodskappie en sal dit baie waardeer indien jy my kan antwoord. Ek wil ook graag weet wat behels die kursus in seksterapie en of moet ‘n mens sielkunde reeds gestudeer het. Waar kan ek die kursus doen?”

Antwoord:
Almal van ons het ons eie unieke seksualiteit. En almal van ons is nie ewe goed geskool in die seksdaad nie. ‘n Persoonlike ontdekkingstog is soms nodig om uit te vind presies waarvan ons hou. Heelwat mense wend hulle tot literatuur om selfondersoek doen. Daar is heelwat boeke op die mark wat jou kan help om jouself seksueel beter te leer ken asook oulike DVD’s. Jy kan ook by ‘n seksterapeut gaan aanklop om hulp.

Lewer kommentaar

Leave a Reply