Seks na 50

Ek wil tog vir julle my mening gee oor seks na 50 (en miskien na 60).

Daar is nie ´n rede waarom ´n mens se sekslewe minder interesant moet wees nie. Gewoonlik is die kinders dan reeds uit die huis of kan ´n mens nuwe lewe in jou sekslewe blaas deur te wag tot hulle die deur agter hulle toetrek.

Daar is soveel nuwe dinge waarmee ons ons vandag kan besig hou in die bed (of selfs op die sitkamermat of kombuistafel).

As jy dan bietjie probleme het is daar al die “soft porn” movies op TV, wat vir my ook net betyds gekom het.

Ek wil graag mense vra om ´n bietjie meer gewaagd te raak en dinge te doen wat hulle in die verlede nooit aan gedink het om te doen nie.”

bydrae: Ou vrou

Vir mediese raad oor jou sekslewe en gesondheid besoek www.boererate.com.

Sluit aan by die Gesprek

5 Kommentare

  1. Ek dink jy behoort eers te gaan vir ´n diagnose voor jy aan ´n oplossing dink.

    Ek kan net byvoeg (by wat ek reeds hieronder noem) dat bloedvloei na die penis effe kan afneem met ouderdom. Dit kan moontlik bydra tot minder gevoel.

    Gaan sien jou dokter, ek is seker julle sal ´n oplossing kan vind.

  2. Ek het geen probleem met ereksie nie. Somtyds ervaar ek wel dat ereksies nie lank genoeg duur nie. Wat wel my bekommer, is dat dit die sensitiewe gevoel wat ek voorheen ervaar het, tydens gemeenskap, nie meer daar is nie. Om dit anders te stel; dit wil voorkom of my penis se kop gevoelloos geraak het. Ek kan moem dat ek dieselfde probleem ervaar as ek sou masturbeer.
    Die vraag is, of daar 'n room of middel op die mark is wat kan bydra dat die gevoel weer terugkom op die penis se punt.
    Ek kan noem dat ek 63 jaar oud is en nog steeds baie aktief is by die werk en in die slaapkamer.

  3. Dit is 'n mite dat impotensie stelselmatig intree saam met ouderdom. So ook is dit 'n mite dat die drang na seks verminder soos ons ouer word.
    Daar is 'n klein afname in sensasie en jy is nie meer so aktief in die bed nie, maar dit is al. Die res is 'n klomp twak.
    Weens bogenoemde afname in sensasie sal jy normaalweg langer neem om ´n ereksie te kry. Volgens beskikbare statistieke neem dit so 10 tot 15 minute.
    Ejakulering sal ook effe afneem.
    By vrouens sal die smering minder wees en die vagina sal bietjie korter, nouer en minder rekbaar wees. Niks verhoed ´n vrou egter om ´n normale sekslewe te hê nie.

  4. Kan jy vir my sê waar en wanneer ek die maklikste ´n ereksie kan kry. Ek is al redelik oud en dis nie meer so maklik op my ouderdom nie.

    Groete

  5. Ek praat van eie ondervinding, wat bevestig is deur ‘n dokter:
    Sekere bloeddrukmiddels neuk die seksdrang op, maar die anti-depressant Cipramil ontneem die vermoe
    tot ‘n orgasme heeltemal vir ‘n man.
    Na staak van gebruik van die middel, herstel die vermoe binne sowat ‘n maand.

Lewer kommentaar

Leave a Reply