Mans, seks en persoonlikheid

’n Man stap in by ’n kroeg.

’n Meisie op die ander ent van die toonbank glimlag vir hom.

Hy dink sy wil seks hê met hom.

Waar? Of is dit alles in sy kop?

Navorsing dui aan dat mans oor die algemeen hulle misgis met ’n vrou se seksuele bedoelings. Nuwe navorsing het nou verder gegaan het toon dat hierdie spesifieke neiging van ’n man, ’n persoonlikheidseienskap wat aandui hoe hy romantiese verhoudings benader, word beïnvloed deur hierdie persepsie dat ’n vrou seksueel geïnteresseer is in hom.

Basies kom die navorsing van Harvard Universiteit daarop neer dat hoe meer angstig ’n man is vir seks, hoe groter is die kanse dat hy gaan dink enige vrou wat vir hom glimlag wil seks hê met hom.

Die studie se bevindings kan opgesom word as ’n goeie voorbeeld van hoe wensdenkery menslike sosiale interaksie beïnvloed. Ons sien nie die werklikheid vir wat dit is nie, maar vir wat ons wil hê dit moet wees.

Lewer kommentaar

Leave a Reply