#Woordfees Korreltjie kantel

Vier uiteenlopende musiekgroepe kom byeen om Ingrid Jonker se liefdesgedigte nuut te verwerk.

Jonker se poësie word verweef met dramatiese en musikale vertolkings van haar en André P. Brink se liefdesbriewe aan mekaar in die sestigerjare.

’n Hartroerende en intieme weergawe van verlange, verbode vrugte, vernietiging en die vreeslose verrukking van die liefde.

* Debuut *

Met: Luna Paige, Hatchetman en Nick Turner

Bindingsteks: Luna Paige
Teks: Gedigte van Ingrid Jonker en die liefdesbriewe van Ingrid Jonker en André P. Brink uit Vlam in die sneeu
Musiek: Luna Paige, Hatchetman en Nick Turner

Genre: Musiek & Woordkuns
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R130 | R150 by die deur
Plek: Laer as laag, Stellenbosch
Datum: 6 Maart 12:30, 12 Maart 18:00

Woordfees 2016

Korreltjie kantel,
Roekeloos,
24 Februarie 2016.

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar