Anoniem skryf:
“Ek en my meisie het op kollege ontmoet, en daar was sy so ‘n pratige meisie, nie maer nie, maar ook nie vet nie, sy was net reg. Ons verhouding het aan beweeg en ons het later besef dat kondome nie altyd veilig is nie. Ons het saam besluit dat dit veiliger sou wees as sy op die pil sal gaan.
Ek het vir haar al die nodige informasie gekry en ook die pille, en van toe af is sy op die pil. Nou al 2 jaar, en ek kry nogteeds elke maand vir haar die pille, en bel haar alke dag om haar te help onthou. Maar soos almal weet maak die pil vet, en ons het dit geweet. Sy’t gesê dis ok sy sal net dieet en oefen.
Aan die begin het ek nie ge”worry” oor die paar ekstra kilo’s nie want sy het nie vet gelyk nie, maar nou raak dit net ‘n probleem, sy raak net vetter by die dag. As sy by my is maak ek ‘n punt daarvan dat ons gesond eet, maar die probleem is as sy by haar huis is, dit werk so by haar huis: sy staan op, gaan werk toe, kom huistoe, eet, klim in die bed, en slaap. Dit is elke dag haar roetiene. Ek het al vele male vir haar gesê sy moet ‘n bietjie oefening inkry. Ek het ‘n ooreenkoms met haar aangegaan, as sy net sal gaan gim, dan sal ek haar gim kostes betaal. Maar dit help nie, sy volg nog steeds elke dag haar boring roetine.
Sy weet dit nie maar dit beinvloed ons sekslewe geweldig, dit is net nie meer dieselfde nie. Al wat ek deesdae sien as ons liefde maak is vetrolle. Ek was nog nooit oorgewig nie, en ek oefen elke dag, dis ‘n groot vrees wat ek. Mense wat probeer gewig veloor het ek respek voor, maar mense wat niks daaraan doen nie, het ek nie respek voor nie.
Ek is regtig baie lief vir haar, en ek kan nie dink hoe ek sonder haar sal kan lewe nie. Ek is besig om respek vir haar ook te verloor, en elke keer as ek met haar probeer praat raak sy kwaad, en ja ek het al daai mooi praat, kom met ‘n daai opsie probeer, al baie.
Help asb, ek wil haar nie verloor nie.”

Marthie van Zyl:
Ja, jy het inderdaad ‘n probleem … die vrou, die vet en die pil, en dan natuurlik die seks … Ek het ongelukkig nie vir jou beter raad as dit wat jy reeds gedoen het nie, maar as jy respek begin verloor, gaan die liefde binne kort volg … naar maar waar. Dit is ongelukkig ‘n probleem as vet die oorsaak raak van ‘n verhouding wat begin agteruit gaan, maar weereens, dit is iets wat baie gebeur en baie mans kan net nie vrede maak met die vetrolletjies oral om ons vroue se lywe nie. Soos ek kan aflei het jy reeds probeer om haar te oortuig dat oefen en gesond eet die beter opsie is, jy het reeds mooi gepraat en aan gebied om die kostes te dra van wat ookal gedoen word aan die vet, maar as sy nie haar samewerking wil gee nie is daar eintlik niks meer wat jy daaraan kan doen nie. Dieet en oefen is iets wat van die persoon self moet kom, geen mate van slegsê, oortuiging of wat ookal gaan ‘n persoon wat NIE WIL NIE laat verander in een wat WIL nie.
Baie baie sterkte, hoop dinge werk uit vir jou (of jy ontwikkel ‘n voorliefde vir “vol” vroue … grappie)

Ou ek wil net vir jou se as haar gewig jou pla dan is jy nie rrg lief vir haar nie! Ek is self vet en my seks lewe is lekker! Jy is vkn bederf met maer meisies! En dit was jou besluit ook dat sy op die pil moet gaan jyt geweet dit gaan haar vet maak! Soo diz wragtig vieslik van ju om nu daaroor te kla!