Nie lus vir meisie nie

Ek het n moeilike situasie. Ek is nie meer verlief in my vriendin nie. Sy is n nice mens, en ek gun haar alles, maar ek is rerig nie meer lus vir haar nie. Sy is baie verlief in my, maar dit begin nou om my nerves klaar te maak. Ek het rerig nie lus om haar hart te breek nie, maar ek voel ek moet uitkom. Hoe kan n mens iemand se hart saggies breek? Nog erger is dat ons saam woon. Ons het baie geld saam uitgegee en ek weet dat as ons opbreek dit baie duur kan word. Die beste oplossing sou wees as ek weer in haar verlief kan wees, maar ek dink nie dat dit moontlik is nie.
HELP!!
– Barry
Ben:
Barry, ek is bevrees daar is nie ´n maklike uitweg uit die een of ´n kitsoplossing vir jou probleem nie. Daar is nie ´n sagte manierom iemand se hart te breek nie, maar op die lange duur sal sy dit waardeer as jy haar nou die waarheid vertel.

Lewer kommentaar

Leave a Reply