Sex Chat Lines

M****** skryf:
“Ek het so ruk terug agtergekom my man het aangesluit by een van die webwerwe se “online-dating clubs” Wat my nog meer geskok het , is dat hy vir alle rasse behalwe wit gaan, nie dat ek rasisties of verkramp is nie, maar om dit nog te vererger, dra hy van die dames se foto’s in sy dagboek rond. Hy het ook by ‘n sekere “adultfriends-dating” aangesluit, en ek was nog meer geskok toe ek sien wat daar aangaan. Toe ek hom konfronteer daaroor, het hy net gese hy is alleen en het na “vriende” gesoek. Ek het kinders en hy het nie, en ook is sy ma so 6jaar gelede oorlede, wat sy hele lewe was. Ek het ‘n goeie lyf, en kyk goed na myself. Hy komplimenteer my altyd oor hoe goed ek lyk, maar waarom doen hy hierdie dinge? Hy het ook ‘n probleem met impotensie a g v medikasie wat hy neem vir colesterol. Ek het gelees dat mense wat hulle ophou met “cyber-sex” ‘n sielkundige afwyking het, en dit ook aan hom genoem. Hy is ‘n baie goeie mens, en hoop en bid dat hy sal gaan vir hulp. Ek het ander blyplek gekry en gaan hom verlaat. Is dit ‘n wyse besluit, of kan jy dalk iets voorstel wat vir ons albei tot hulp sal wees.”
Marthie van Zyl:
Ek sou voorstel dat julle n berader of sielkunduge gaan sien, die tipe hulp kan ek ongelukkig nie oor die net verskaf nie, dit sal nie voldoende wees om die probleem op te los nie.

“Hallo
Ek het onlangs daarop afgekom dat my man sex chat lyne skakel. Ek het eers net 3 oproepe ontdek. Ons het daaroor gepraat en hy het vir my gesê dat hy wou raad kry om my seksueel aan te wakker omdat hy voel dat hy dit nie meer doen nie. Ek kon dit nie glo nie aangesien ek gedink het dat ons nog gelukkig is, en ek geniet seks baie, orale seks ook. Ek het hom gevra om dit nooit weer te doen nie en of daar ander dinge is wat hy ook gedoen het. Hy het gesweer dat daar niks anders is nie.
Ongeveer 2 weke daarna het sy cel gelui en omdat hy besig was het ek geantwoord, die foon is in my oor neergesit. Ek het begin twyfel of hy vir my die waarheid vertel het en ons telefoon rekening nagegaan. Ek het rekeninge net vanaf 2000. Daarop is baie kere na sex chat lyne geskakel asook na “bored housewifes for sexsual relationship” nommers. Ons het weereens daaroor gepraat, eers het hy gese dat hy nie kan onthou hoekom hy hulle gebel het nie. Daarna het hy gese dat dit nie was vir seks nie. Daarna het hy gese dat dit uit nuuskurigheid was en dat hy begin wonder het oor hoe dit moet wees om seks met hulle te moet he. Omdat hy voorheen nie die waarheid vertel het nie, sukkel ek om hom te glo. Ek voel vernederd, waardeloos en kan hom nie vertrou nie. Hy het my gevra vir ´n tweede kans. Ek weet nie wat om te doen nie, weet ook nie meer hoe ek voel nie. Ons het twee dogters, wat vir my bitter baie belangrik is.
Ons is op die staduim baie beleef met mekaar. Ek wil nie he hy moet aan my raak nie, aangesien ek nie weet aan wie en wat hy voorheen geraak het nie.
Gee raad asseblief.”
– Anoniem
Ben:
Of dit nou sex chat lines, seks op die internet of pornografie is, jy kan maar gerus my raad lees wat ek voorheen vir ´n leser aangebied het:
Pornografie in die slaapkamer
Die “bored housewifes for sexsual relationship”-situasie is egter ´n perd van ´n ander kleur. Ek het ongelukkig nie altwee kante van die saak gehoor nie, maar te oordeel aan wat jy skryf skort daar iets. Ek sou voorstel dat julle ´n huweliksberader gaan sien. Gaan eers op jou eie en laat die sielkundige jou help om jou man ook in terapie te kry.
´n Laaste gedagte! Dit lê nie altyd lekker op die gemoed nie, maar dit gebeur soms dat ´n huwelik nie beredder kan word nie. Soms moet mens koebaai sê al maak dit hoe seer. Daar behoort egter altyd ´n poging aangewend word om die probleme te probeer uitstryk.

Lewer kommentaar

Leave a Reply