Vrae oor meisies

**** ***** skryf:
“Sowat 2 maande gelede het ek ‘n meise ontmoet wat nogal nice was. Ons het baie in common gehad maar sy het ‘n ou. Nog steeds het ek besluit om te go for it ek het haar gesoen en vir die eerste keer het dit regtig gevoel asof ek die wêreld oorwin het, tot nadat ons seks gehad het. Ek het haar 2 dae later gesien en als was anders, sy het my ge-ignore en ek kon voel dat iets nie lekker was nie… dit was toe die skool gesluit het. Toe skool weer begin het, het ek vir haar gesê dat ons nie meer kan saam wees nie, dit het nie lank gehou nie omdat ek voel dat ons regtig iets het, maar elke keer as ons dit gedoen het voel dit asof ek van voor af moet begin met als omdat sy totally afswitch. Sy was Vrydag by my, sy wou seks hê maar ek het gesê tot hier toe, en baai. Ek weet seriously nie hoekom sy na elke keer so is nie en sy sê sy wil ook nie daaroor praat nie.”
Ja jong, die verhaal slaan my ook dronk.. Ek kan baie klippe in die bos gooi oor wat die rede vir haar optrede kan wees, maar dit sal net meer kwaad as goed doen. Ek is baie bly dat jy die seks voorlopig gestop het, en ek stel voor jy hou daar by, veral omdat die meisie reeds ‘n ou het, en dan kan dinge net gevaarlik begin raak.

H******** skryf:
“Ek is ‘n 17-jarige seun en daar is ‘n meisie in my standerd waarvan ek baie hou maar ons ken mekaar glad nie. Ek wil net weet wat kan ek doen om haar beter te leer ken en dat sy vir my ‘n kan sal gee. Ek is nogal ‘n redelike skaam ou en ek wil nie iets doen wat sal veroorsaak dat sy my nie ‘n kans sal gee nie.”
Marthie van Zyl
Ja, dit is nou ‘n kwessie van “pak die bul by die horings”. Ek weet dat mans maar altyd die nare risiko loop om die deur gewys te word deur die vroulike geslag, maar my vriend, jy sal maar die kans moet vat as jy graag die meisie beter wil leer ken. Jy sal maar reguit na haar toe moet stap en haar nooi vir ‘n koffie of ‘n fliek, of wat dit ookal is wat julle jonges deesdae gaan doen om mekaar te vermaak. Niemand kan dit vir jou doen nie, en as jy nie probeer nie, hoe sal jy ooit weet?

Kram skryf:
“Hello
Ek wil graag jou raad vra oor iets wat my nou al vir ‘n paar maande pla.
Ek het ‘n vriendin (‘n baie goeie vriendin) laas jaar ontmoet. Ek is nou 21 en sy is nou 19. Ons het deur ‘n vriendin van ons ontmoet. Ons het vanaf dag een gekliek en ek het geweet dat sy die een vir my is. Maar op daai tyd was sy pas in ‘n nuwe verhouding in met ‘n ander ou. Die verhouding het net 3 maande gehou. Toe los sy vir hom om terug na haar eks tegaan. Ek het niks van die ou gehou nie want hy het met haar gemors en hy het dit vir my reguit gesê.
Sy het vir my ook gesê dat ek haar soos ‘n godin behandel en dat soos een om my voel. Ek het haar al twee keer uit gevra maar sy het vir my nee gesê, daarmee kon ek leef maar kon nie met die feit leef dat sy vir my in die selfde asem gesê het dat sy vir my lief was nie maar sy wil nie met uitgaan nie want sy wil nie die vriendskap verloor nie. Sy is bang die verhouding werk nie uit nie want in al haar voorige verhoudings het sy seer gekry en nou is bang ek maak haar seer en dat ek soos al haar vorige ouens met haar seks wil hê maar ek verwag nie seks of enige iets seksueel van aard van haar af nie en sy weet dit want ek respekteer haar ligaam.
En nog ‘n ding is sy kla die hele tyd oor die feit dat sy single is en dat sy iemand selfstandig en standvastig soek met ‘n goeie werk en ‘n toekoms in sy werk. Ek en sy het verlede week gepraat oor wat sy soek in ‘n ou en als wat sy beskryf het is ek.
Ek het ook nou al ‘n paar ander meisies se harte gebreek deur om vir hulle nee te sê toe hulle my uitgevra het en ek weet die probleem lê nie met hulle nie dit lê by my, my hart behoort aan iemand wat nie belangstel nie en ek is besig om in twee geskeur te word.
Wat moet ek maak? Enige raad sal waardeer word.”
Antwoord
Hulle sê die pad na ‘n man se hart is deur sy maag, maar niemand sê iets van ‘n vrou nie. Hoewel mens begrip het daarvoor dat jy baie van hierdie jong dame hou kom dit voor asof sy jou nie op hierdie stadium sien as iemand met wie sy ‘n verhouding wil hê nie.
Sy is ook nog baie jonk en dit is dalk ‘n goeie ding dat sy versigtig is om haar blindweg in ‘n verhouding te begeef.
Gee haar bietjie kans, maar laat haar verstaan dat jy nie vir altyd gaan wag nie.
Indien dit later nie lyk asof sy belangstel nie moet jy van haar vergeet. EK is seker daar is iemand daar buite vir jou.
As ‘n laaste punt moet jy ook seker wees oor hoe sy voel oor seks. Sy verstaan dalk dat ander mans haar misbruik het deur haar te sien as ‘n seksuele objek, maar dit beteken nie noodwendig dat sy nie van seks hou nie.

Marthie van Zyl
In antwoord op ‘n vraag van Jack:
Ja wel, ooglopend sou ek nie sê die dame stel regtig belang nie. Haar foon kon wel gesteel gewees het, maar as jy al meer as een keer daarna probeer reël het vir ‘n afspraak, en sy dit ignoreer, sou ek beslis lees dat sy nie wil uitgaan op ‘n afspraak nie. Haar redes hiervoor sal ek ongelukkig nie kan raai nie, sy mag moontlik goeie redes hê vir haar onwilligheid. My raad aan jou is dat jy jou oë maar oop hou vir iemand anders, iemand wat nie jou tyd gaan mors nie, en wat bereid is om ‘n “lewende” verhouding met jou te begin. Geen verhouding kan normaal groei as twee persone nie mekaar in lewende lywe ontmoet nie, e-mail is goed, maar beslis nie die gewensde metode van ‘n sterk verhouding bou nie. E-mail moet die “ou-tyd” se briewe skryf vervang…. nie die hele verhouding nie, en as die e-mail gebaseer is op prente en grappe klink dit vir my soos ‘n platoniese vriendskap, beslis nie ‘n verhouding wat kan uitloop op iets meer nie.
Hoop jy kry spoedig iemand wat jou tyd en moeite werd is.

Ek het die volgende brief ontvang:
Ek wil asb die verklaring van seksueel aktief weet.Ek is ´n 18 jarige seun en my meisie is nou 14 en ons wil nie seks beoefen nie maar sy het ewe skielik na 4 maande net nie meer met my wou vry nie. Kan u miskien vir my ´n rede gee, soos bv. nog te jonk vir dit of wat?
Baie dankie vir u tyd.

– A****

Ben:
Seksueel aktief beteken bloot dat jy gereeld seks het.
Ek is verheug om te hoor dat jy en jou meisie nie seks het nie. Dit is onwettig om seks te hê met ´n meisie van 14 jaar. Jy sal aangekla word van verkragting.
Vrouens kan soms wispelturig voorkom vir mans. Dit is hul voorreg. Bygesê moet meeste van ons meer as een keer vry in ons lewe voor ons weet wie die regte een is. Meisies moet liefs nie op 14 te ernstig raak oor elke ou wat hulle ´n soen gee nie.
Die maklikste is om vir jou meisie te vra of sy nie meer vir jou as kêrel wil hê nie. Indien die antwoord nee of onvoldoende is stel ek voor jy stoot jou bors uit en begin jou soektog na ´n meisie weer van voor af. Elke pot se deksel is iewers daar buite.

Sluit aan by die Gesprek

4 Kommentare

  1. Ek gaan het met 'n meisie vir 11 maande uit. Ons het al seks gehad, maar toe het sy my twee dae gelede gesê dat sy toegelaat het dat drie, veel jonger, seuns haar gevinger het voor ons uitgegaan het. Dit het my geskok en ek het vir haar gesê dat sy my tyd moet gee om te dink. Ek is raadop en weet nie watse besluit om te maak nie. Moet ek die verhouding net hier stuit of moet ons aangaan (van voor af begin)?

  2. Ek glo en huldig die standpunt dat dit wat in die verlede was, net daar in die verlede gelaat moet word, met ander woorde, wat die meisie gedoen, of nie gedoen het, voor jy met haar uit gegaan het, het tog niks met julle twee se verhouding te doen nie?

    Die 3 jonger seuns en die daad, klink half skrikwekkend, maar as sy gebieg het en moontlik net wil hê dat jy weet wat in haar lewe gebeur het, sonder dat jy dit dalk by iemand anders uitvind, het sy moontlik 'n groot stap geneem in die verhouding met jou. Mens doen soms vreeslike dinge in swak oomblikke, dinge wat ons self nie altyd kan verklaar as ons ouer is, of bloot nugter daaroor nadink nie…….. die besluit of jy die verlede kan aanvaar en vergewe is egter jou eie besluit, maar my raad sou nie wees dat jy die meisie oordeel op iets wat VOOR jou tyd, en julle verhouding gebeur het nie, in my opinie is dit onregverdig.
    Sterkte

Lewer kommentaar

Leave a Reply