Wat alle vrouens van mans moet weet

Die aap is uit die mou! Vrouens hoef nie langer te wonder oor wat mans dink nie. Die volgende 25 punte geld vir meeste mans.

Seks – mans is altyd gereed daarvoor, enige tyd, enige plek.

Kort broekies en hardloopskoene – dra dit so gereeld as moontlik, mans hou daarvan.

Kaal skouers – wie het ooit gesê ‘n vrou se skouers moet bedek wees.

Jaagduiwels – as jy dink hy ry nou te vinnig dan wil jy nie sien hoe dit gaan wanneer jy nie in die motor is nie.

Maklik – as jy van my hou, moet dit nie vir my moeilik maak nie.

Inkopies – marteling, nie ‘n plesier nie.

Verkeerd – sê gerus wanneer ek verkeerd was, maar net EEN keer.

Badkamer – wanneer ek op die toilet of in die bad ontspan wil ek NIE ‘n gesprek deur die deur voer nie.

Jy – dit is van wie ek hou, nie jou suster of daai ougat vriendin van jou nie.

Vriende – my vriende is myne en aanvaar dit so. PUNT!

Grimering – daar is iets soos te veel, onthou jy is ‘n vrou, nie ‘n hanswors nie.

Rugby – gesprekke is nie moontlik terwyl die wedstryd aan die gang is nie, wag tot rustyd of wanneer iemand beseer is. Een woord tel ook as ‘n gesprek.

Aanwysings – ek vra nie hiervoor nie, want ek hou van bestuur.

Masturbasie – dis oefening om in vorm te bly vir jou.

Geluide – geluide is meer as welkom wanneer jy ‘n orgasme ervaar.

Voorgee – ons weet wanneer daardie orgasme nie werklik is nie.

Leuens – ek lieg net om jou beter te laat voel oor jouself, daar is werklik niks meer daaraan nie.

Intelligensie – ek twyfel oor joune wanneer jy kwaad raak oor klein dingetjies.

Werk – wanneer jy my by die werk bel luister ek nie, ek werk.

Voorkoms – sê gerus wanneer ons goed lyk, moet net nie die woord “oulik” gebruik nie.

Fliek – jy kan kies watter een, indien jy ‘n BAIE goeie rede het.

SMS – mans hou nie van SMS-gesprekke nie, tensy die woord “kaal” daarin voorkom.

Voedsel – ons hou van jou kos, veral as jy dit maak soos ons daarvan hou.

Onthou – nee, mans kan nie gesprekke onthou nie, hulle is mans, nie bandopnemers nie.

Uitgaan – hy is juis lief vir jou omdat jy besef hy moet van tyd tot tyd alleen saam met sy vriende uitgaan.

Seks – enige tyd, enige plek … of was dit al op die lys.

Sluit aan by die Gesprek

11 Kommentare

  1. Soos ek hier skryf doen heelwat hotelle regoor die wëreld goeie besigheid as gevolg van mans wat nie op die regte pad kan bly nie, maar dis darem nie regverdig om te veralgemeen nie (Mickey het darem hopelik nog nooit vir Minnie verneuk nie).

    Heelwat vrouens vra gereeld hierdie vraag. Voor ek dit antwoord moet ons net vooraf besef dat die moeilikheid meesal van twee kante kom. Mans is egter meer geneig om toenadering iewers anders te gaan soek, want hulle is nie altyd toegerus om emosionele pyn te verwerk nie. So hier is my eerste rede hoekom mans rondloop, dit is ´n metode om emosionele pyn te verwerk.

    Heelwat paartjies se argumente eindig in ´n stomende sekssessie. Daar is min dinge so bevredigend vir mans soos ´n orgasme. Seks kan dus ´n afleiding verskaf van probleme by die huis of by die werk.

    Tweedens weet almal van ons al by die tyd hoe groot ´n man se ego is. Mans moet hierdie ego gereeld voed en sommige gebruik seks om dit te doen. Indien ´n ander vrou jou man laat goed voel oor sy ego, dan is sy beslis op die regte pad om hom in die bed te kry.

    Weens hul sosialisering is mans geneig om hul woede op te krop. Indien jou maat vir jou kwaad is, maar jou nie wil konfronteer met sy woede nie kan ´n ander vrou sy manier wees om jou terug te kry. Die bonus hier is dat so ´n verhouding dan sy ego ook streel.

    Vierdens kan mans ook soos vrouens verveeld raak met ´n verhouding. Die gras is vir sommige mense altyd groener aan die ander kant.

    Dit gebeur gereeld in ons gemeenskap dat ons vergeet dat mans ook vertroeteling nodig het. Hand aan hand iermee is sy behoefte aan intimiteit. Sou hou ter enige tyd voel dat hy dit nie by die huis kry nie sal hy dit beslis elders gaan soek.

    Gewapen met bogenoemde 5 redes kan jy moontlik agter die kap van die byl kom. Praat met hom. Werk dit nie moet jy dit beslis oorweeg om ´n berader te gaan sien.

  2. Kan iemand vir my vertel hoekom mans "rondloop". Dit is defnitief nie ´n tekort aan seks nie. Die word gereeld beoefen. Is dit die vrou of is dit net in mans se aard.

  3. Ek hoop regtig jy kan my help. Dit is nie net ek wat ´n probleem het nie, dit is ook my "skoonsuster". Ek is nog nie getroud nie, maar sy is wel. Die probleem is dus die twee broers. Hulle het geen seksuele drange nie. Ek en sy wat weer ´n warm persoon is het hulle aanraking ens. nodig. Ek en my vriend is nog nie so erg soos hulle nie, hulle kommunikeer glad nie meer nie en daar is ook geen fisiese kontak tussen hulle nie. Wat my en my vriend aanbetref: hy "cuddle" my baie maar ook geen fisiese kontak is tussen ons nie. Ons het wel gevry in die begin, maar dit was asof hy my wil wys hy kan. Ek dink ook wat ek moet verder sê is dat toe my vriend 7-jaar oud was en sy sussie gebore is, sy ma oorlede is met die geboorte. Nou vra ek dus…. kan dit wees oordat hulle moeder oorlede was en geen moederlike liefde in die huis was nie (sy pa was ook baie kwaai met hulle) dat hulle geen liefde kan betoon nie. Want nie hy of sy broer kan liefde ontvang of gee nie. Ek dink nie hulle weet hoe nie. Maar dit is moeilik. Omrede ek en "skoonsus" is twee warm mense en hulle nie. Dit is ook asof hulle ´n front voorhou, veral voor ons vriende. Hulle is ook gesiene mense in ons dorp, en word hoog aangeskryf. Maar is dit die moeite werd om met ´n front te loop en te maak asof jy gelukkig is? Volgens ons vriende ens. is ons en "skoonsus" die perfekte paartjies, maar min weet hulle. O ja, hulle albei het ´n geweldige humeur. Nou nie so dat hy my sal aanrand nie, maar hulle raak buite hulself. Ek is tog lief vir hom en aanvaar hom so, maar dink jy daar is iets wat ´n mens kan doen om hulle te wys hoe gee mens liefde en hoe ontvang mens dit. My vriend is 38 en sy broer 44. My vriend was nog nooit getroud nie.

    Laat weet my asb.

    Dankie

  4. Liewe jong dame.

    Ek moet begin om deur te bieg dat ek ´n mate van bewondering het vir hierdie tipe seksuele "onthouding" aan jou en jou "skoonsuster" se kant, al is dit gedwonge. Dit spreek van julle liefde vir die twee mans …. of is dit dalk net julle opvoeding wat sorg dat julle getrou is?

    Sosialisering speel ´n groot rol in ons gedrag. Dit is moontlik dat hierdie kêrels die "aanvaarbare" norm dat mans nie openlik hul liefde openbaar en ontvang nie dalk net nog ´n trappie verder neem tot die ekstreem. Hul gedeelde omstandighede kon ´n rol speel hierin. Die geweldige humeur kan onder sulke omstandighede moontlik die gevolg van opgekropte emosies wees.

    Ook moet ek jou gelyk gee oor jou afleiding oor die afwesigheid van ´n moederfiguur. Die vader se optrede kon onder sulke omstandighede natuurlik bepalend wees vir die twee jong mans se persoonlikheid.

    Bogenoemde is natuurlik net spekulasie en ek wil jou aanpor om te probeer om hulle te kry om ´n sielkundige te gaan sien. Soos altyd wil ek aanbeveel jy of jou "skoonsuster" gaan eerste en probeer hulle op die manier betrek.

    Skryf gerus weer vir my as jy nie regkom nie, dan probeer ons ´n meer direkte aanslag op jou vriend en sy broer.

  5. Ek en my man is nou al 5jaar saam. Ons was 2jaar saam voor ons seks gehad het(ek wou seker wees hy's die regte 1). Vandat ons seks het weier hy volstrek om te mastrubeer. Hy is nors en misluk vir dae as ek nie vir hom seks gee nie. Ek het 'n veeleisende werk en werk meeste dae uit 'n week tussen 9-15 ure 'n dag en baie naweke ook. Ek geniet die seks en neem graag aan nuwe goed deel maar is partykeer net te moeg. Hy sal dan my laat sleg voel oor ek dit nie vir hom wil gee nie, dit ontaard in 'n heuwige argument en ons gaan slaap kwaad. Wat moet ek doen? Ek voel te sleg om net te slaap en kry dan swaar die volgende dag by die werk.

    Laat weet my asb, eks moeg vir baklei.

  6. Ek is verloof nou al 5 maande ons is meer as n jaar saam. My verloofde (man) begin op die site Jamble. Ek het hom uitgevang dan delete hy dit en se hy sal nie weer nie. Maar gisteraand toe is hy weer daar op en hy chat met 'n vrou en se vir haar hy is enkel. Hoe moet ek hom konfronteer en vir hom vra wat aangaan. Hy se die heeltyd ons is ok en hy sal my nie los nie so nou weet ek nie meer nie

  7. Ek het 'n vragie, ons is 35 jaar getroud, ek is 6 jaar jonger as my man, maar ek dink nie daar is 'n vrou wat minders seks het as ek nie, my man stel net nie belang in seks nie, en as dit wel die dag gebeur is dit wonderlik. ek is nou daar waar ek GATVOL IS, HY NEEM NOOIT MY GEVOELENS EN BEHOEFTES IN AG NIE, en dis nie asof ons elke bliksemse dag seks het nie, so 1keer in 2 weke dan mag ek ook nie toenadering soek nie, maar dit moet van hom afkom, en as ek sou toenadering soek, sal hy vir my vra, is jy alweer vryerrig, wel wel wel. ek is baie lief vir my man maar …. ek wil hom nie meer he nie, hy het my hele vrouwees onderdruk die laaste 35 jaar. wat doen ek in daai geval.

    Ek "vermoed" hy mastubeer baie, dis net 'n vermoede want 'n man wat so gesond is soos hy ry fiets is elke dag baie besig rook nie, drink so nou en dan, eet gesond, en daar is nie seks vir sy vrou nie.

  8. Gieue dag. ek en my verloofde is al 5 jaar saam. hy kry alles wat hy wil he bv sex. hy het al keure op my verneuk, hy delete goed en lieg oor klein dinge vir my. ek het 2 kinders saam hom ek wil hom nie los nie as gevolg van my kinders. hy chat met ander vrouens bel mekaar en hy delete dit ek weet nie meer wat om te doen nie. ek probeer my beste om n goeie vrou en ma te wees maar ek kan ook net soveel n dag doen ek werk ook 7 tot 5 n dag kom half 7 in die aand eers by die huis ek is nie altyd lis vir kuier en drink nie dan raak hy kwaad en se ja jy wil noooit niks saam my doen nie enige raad asb en dankie

  9. Jy klink soos 'n goeie vrou. Jy verdien 'n beter man. Los hom.

  10. Konfronteer hom en laat hom verstaan jy weet wat aangaan. As hy nie wil verander nie, begin planne maak om hom te los. Jy verdien beter.

Lewer kommentaar

Leave a Reply