Die Skommelstokkie II

K***** ***** wil weet: “Hi, ek het so rukkie terug vir my ‘n skommelstokkie gekoop. Ek het hom al ‘n hele paar keer gebruik, maar ondervind geen orgasmes nie. Gebruik ek hom dalk verkeerd of wat gan aan? Het jy dalk enige raad vir my oor hoe mens dit moet gebruik?”

Antwoord: Daar is nie iets soos ‘n regte of verkeerde manier nie. Vra jouself, “Hoe wil ek gestimuleer word?”, “Waarvan hou ek?”. Dit is nie die vibrator wat jy moet leer gebruik nie, jy moet jou eie liggaam leer ken. Dit is baie belangrik dat jy ontspanne is wanneer jy begin. Jy moet ook genoeg tyd tot jou beskikking hê. Druk die vibrator op verskeie plekke tot jy op daai spesiale kol afkom waar dit baie lekker voel. Sommige vrouens hou van die vibrasie teen hulle lippe, terwyl ander daarvan hou om dit teen die klitoris te druk. Jy kan jouself penetreer of jy kan jou G-kol daarmee stimuleer. Een tegniek is om die punt van jou skommelstokkie teen die klitoris te hou terwyl jy die skag tussen jou lippe inbeweeg, en dan weer terug. Eksperimenteer tot jy iets kry waarvan jy hou. Onthou dat meeste vrouens se gemoedstoestand baie belangrik is vir ‘n orgasme. Indien jou kop iewers anders is kan jy maar vergeet.

R **** skryf : “EK HET SEKER DIE FOUT GEMAAK OM ‘N VIBRATOR IN DIE HUIS IN TE BRING, MAAR SIT NOU MET DIE PROBLEEM. MY OU GENIET DIT VREESLIK OM DIE DING OP MY TE GEBRUIK, WAAROOR EK NIE KLA NIE, WANT ONS GENIET DIT BAIE, MAAR DIT HET NOU AL 3 KEER GEBEUR DAT TERWYL ONS MET MEKAAR SPEEL, HY KLAAR MAAK VOOR ONS TWEE SEKS GEHAD HET. WAT KAN EK DOEN? EN SAL DIT ‘N PROBLEEM IN ONS VERHOUDING SKEP? MOET EK VIR VIBRATORJIE WEGGOOI?”

Antwoord : Hou vas jou vibratortjie. Dit klink asof julle goed oor die weg kom met die skommelstokkie en ek twyfel of dit ‘n probleem sal raak. Neem die hef, of dan die vibratortjie, in die hand. Jy is mos nie ‘n hulpelose toeskouer nie. Jy weet mos nou al wanneer hy opgewerk raak. Sorg dat jy voor dit ontslae raak van die vibrator en sy onverdeelde aandag op jou vestig. Hy sal maar te bly wees as jy dit duidelik maak dat jy wil hê hy moet jou bevredig.

Anoniem skryf: “Ek wonder of jy ook dink dat ek ‘n baie goeie vriendin is. Ek het nou een dag vir die eerste maal in ‘n seksshop ingestap om ‘n virbrator vir ‘n vriendin te koop. Ja ek weet dat dit is wat meeste mense sê wanneer hulle een koop maar ek het dit regtig gedoen. Ek het ‘n fantastiese sekslewe met my vriend maar hierdie vriendin het ‘n baie ongelukkige huwelik en het 4 jaar laas seks gehad. Ons was twee vriendinne vir wie sy dit vertel het en ons het besluit dat dit die ideale geskenk sou wees. Was sy bly. Ek dink net dat dit dalk ander mense sal aanspoor om dieselfde te doen. “

(adsbygoogle = window.adsbygoogle || []).push({});

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. My man is 52. Hy wil snaakse dinge volgens my doen waarvoor ek nie kans sien nie!!! Hy het byvoorbeeld n plastiese penis (die wat die lesbiese dames dra) wat om die lyf pas gekoop en wil so seksueel verkeer!! Hy het plastiese balle en budplugs gekoop, en die lys kan aangaan. Ek wil net weet of ek outyds is of wat gaan aan? Ons baklei veral oor die plastiese penis aangesien dit vir my glad nie normaal is nie en hy makeer niks!!!!! Dit kan lei tot n egskeiding. Hoe moet ek die saak hanteer?

  2. Dit is nie abnormal om speelgoed te gebruik nie, maar indien jy nie daarmee kan regkom nie moet hy jou gevoel respekteer.

Lewer kommentaar

Leave a Reply