Die kleurlose vloeistof

R skryf: “Ek wil weet of alle mans vog kan afskei wanneer hulle “warm” word of is dit net party wat dit doen? (pre-cum) Indien dit vir almal moontlik is, hoekom gebeur dit nie met almal nie en hoe gemaak om dit dan aan te help?”
Antwoord: Jy kan dit nie noodwendig sien nie en ook nie noodwendig ‘n vloeistof nie. Soms is dit net ‘n ligte smering. Baie mense maak die fout om te dink dit is soortgelyk aan die smering by ‘n vrou. Dit is ‘n baie klein afskeiding.
Dit is ‘n natuurlike afskeiding. Indien jy rerig dink daar is rede tot kommer, dan moet die persoon ‘n geneesheer gaan spreek.


Anoniem skryf: “Ek het drie onderwerpe waaroor ek duidelikheid wil kry. Eerstens, kan die slymerige afskeiding wat ek met “foreplay” kry my maat swanger maak? Beide van ons hou daarvan om net ons geslagsorgane teen mekaar te vryf voordat penetrasie plaasvind en dit is gewoonlik voordat daar penetrasie is(en ek daarom nog nie ‘n kondoom aan het nie. Bevat die afskeiding sperm? Al is dit kleurloos/nie wit nie? Tweedens, verkies beide van ons (wanneer ons dan ‘n ander voorbehoedmiddel as ‘n kondoom gebruik) dat ek my eerste orgasme buite haar kry. Nadat die afskeiding dan van my penis af is, gaan ons voort met seks(penetrasie). Is daar ‘n risiko dat sy swanger kan raak so? Is daar na ‘n orgasme dan nog sperm wat kan uitkom en ‘n vrou swanger maak? Sal ‘n “blowjob” help om, indien dit so is, die sperm wat wel nog “in” my penis is te verwyder? Laastens, ek verstaan dat die afskeiding tydens ‘n manlike orgasme nie NET sperm is nie. Wat is die ander vloeistowwe en is sperm die witterigheid wat mens tussen in sien?”
Antwoord: Ja, sy kan swanger raak in albei gevalle wat jy noem en Nee, ‘n blowjob gaan nie ‘n verskil maak nie.
Anon: The milky substance is in fact produced by the prostate as a carrier for the sperm; the sperm cannot be seen with the naked eye! Men who have had vasectomies still produce this milky fluid.


A******** ** ***** skryf :
“My vriend het nie binne in my gekom nie en het ook nie ‘n orgasme gehad nie. Ek is nou swanger, is dit moontlik om swanger te raak al het hy nie gekom nie?”
Antwoord: Jy sal nooit regtig weet of daar semen uitgeglip het of nie. Lees die raad aan Stywes onder.


H***** skryf:
“Ek is 33 en het nog nooit pre-kom by my opgemerk nie. Wat kan die probleem wees of is dit normaal by sommige mans?”
Ben:
Dit mag wees dat jy dit net nie sien nie. Dis ook nie noodwendig ´n sigbare vloeistof by alle mans nie, eerder ´n ligte smering.
Indien jy rerig bekommerd is stel ek voor jy gaan sien ´n geneesheer.


Ek het die volgende vraag ontvang:
“Hello Ben”
“Man, ek dink ek is dalk in die moeilikhied… Ek wil weet hoe gevaarlik is die kleurlose vloeistof wat by jou voël uitkom voordat jy kom. Kan dit jou girl pregnant maak? Ek het nie in haar gekom nie, maar ek was in haar gewees vir ´n hele ruk. Ek het geweet dis gevaarlik, maar dit was net te lekker.”
“Ek stres my dood…die girl is nog jonk, wat is die kanse??”
“Groete”
– Stywes
Ben:
Stywes ek glo jy sal verstaan as ek julle twee STUPID noem. Eerstens moet ek jou net weer vertel van die stukkies lateks wat ons kondome noem. Dit kan jou beide jou lewe en jou toekoms red.
Ja daardie kleurlose vloeistof is beslis gevaarlik. Daar is tans nie eenstemmigheid oor of dit wel semen bevat nie, maar hou dit sommer maar net weg van haar in alle geval.
Die doel van hierdie kleurlose vloeistof is om enige urine te neutraliseer. Dit help ook om die beweging van die voorvel te vergemaklik.
Van lekker hoef jy my niks te vertel nie, maar dit is soveel lekkerder as dit veilig is!

Sluit aan by die Gesprek

5 Kommentare

  1. As die kleurlose vloeistof uitlooop sonder dat sex of foreplay teenwoordig is. Kan noggal n lastige ding wees

  2. hi ek wil net duidelik he oor sekere dinge. ek en my kerel in nog nie seksueel aktief nie. Ons bevredig mekaar deurdat hy met sy penis teen my vagina skuur. hyt nou 'n paar keer bo op my gekom. kan ek dalk so swanger raak? Sal ons moet bekommerd wees en hoe veilig is dit om so te doen? help asb. BEKOMMERDE D

  3. Jy kan wel swanger raak as hy bo-op jou vagina kom. Indien die regte toestande bestaan en sy kom beland in jou, kan jy swanger raak.

  4. Hi, ek wil graag weet, ek en my man het seks gehad, doggy style, ek het pussy farts gekry, nie een van ons het gekom nie maar toe ek regop staan toe loop daar n ligte wit vloeistof uit my uit, redelik baie. Ek het my man gevra of hy gekom het, hy het gese nee. Wat kan dit wees

  5. Hi, ekt baie lankal n problem , ek gan nou al 5 jaar saam my partner uit.Ekt nog alityd n problem met die wit slymerige goed wat binne my ytkom en ja dit stink, ek gaan gereeld dokter toe en al wat hulle vir my se is dat dit infeksie is. Ekan dit nie meer hou nie, vandat ons 3jaar saam is beplan ons n kind. Ek wil weet of daardie wit slym dalk die nadeel kan wees om nie n baba te kan kry nie, as ons sex voel dit ook nooit dat ek kom nie. Wat moet ek doen help my asb? ons altwee wil baie graag n kind he, maar dit lyk nie vir my asof daar lig aan die einde van die tonnel is nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply