Dink twee keer oor marmoset

Aan alle marmoseteienaars. In Pietersburg is daar ‘n marmoset rescue centre. Ek is mamma van twee marmosetmannetjies een amper 3 jaar en my baba is 7 maande. Baba het ek omtrent twee terug gekry van my ma wat oorlede is. Dit was haar wens dat ek haar apie sal vat en soos myne sal liefhê. Terloops my sus het ‘n dogterjie apie van dieselfde ouderdom. Ons het ‘n groot passie vir die apies en daarom wil ek telers versoek om asseblief seker te maak aan wie hulle babatjies verkoop aangesien die apies baie tyd en aandag verg en mense dit nie altyd besef nie.

Hulle is glad nie ideale troeteldiere nie en kan gedragsprobleme toon wanneer hulle ouer word en dit is dan wanneer mense hulle sommer mishandel of net weggee. Marmosette is tropdiere en bly lewenslank in dieselfde familie.

So dink asb voordat jy ‘n apie koop of aan iemand verkoop. Dit is’n lifetime commitment. Ek is ontsettend lief vir my twee seuntjies en sal nou die besluit moet maak om ‘n wyfie te kry vir my ouer mannetjie. Hulle moet maaitjies he. Ek sal nie teel om te verkoop nie, maar om my seuntjie die voorreg te gee om sy eie kinders groot te maak. Het iemand al gehoor hoe huil so mamma as jy haar kinders by haar vat? Dink volgende keer twee keer voordat jy dit oorweeg om ‘n baba te koop. Maak asb seker van die teler se geskiedenis.

skrywer: Anneke Oberholzer

Sluit aan by die Gesprek

12 Kommentare

  1. Anneke

    Het jy daaraan gedink hoe skree die ma toe jy jou apie gekoop het.
    Ek teel met Marmosete en baie lief vir al my kinders.

    Aapma

  2. Ek het 2 apies gehad was baie lief vir hulle.die mannetjie is gister oggend oorlede skielik was nie siek of iets nie 2j en4md oud,die wyfie het ek vir i vriendin in nelspruit gegee om by ander apies te wees,HET EK VERKEERD GEDOEN? ek wil nie he sy moet dood gaan van verlange nie.SAL SY AANPAS?sy gaan nou by i mannetjie wees wat sy vroutjie ook nou kort dood is.ek mis hulle verskriklik baie.

  3. Ek het ook n seuntjie van 1jr en 6 maande en sal hom vir niks ter wereld ver ruil nie. Hy is bedags in sy hok en in die aand wanneer ons tuis kom dan speel hy in die huis rond tot dat hy moeg is. Hy het nog nooit regtig gebyt nie en is ook nie so n handvol nie. Ek dink as n mens genoeg aandag en liefde gee dan kan jy hulle aanhou as n troeteldier maar as jy nie tyd het nie moet asb dan nie een aanskaf nie.
    Ons seuntjie is net n plesier in osn huis houding en hy is baas van die plaas. Ek is tans opsoek om vir hom n geskikte maatjie te kry.

  4. Hey ek wil graag n Marmoset Apie kry maar weet nie mannetjie of Wyfie???? asb HELP?????

  5. Ek het dringend raad nodig ek is baie lief vir my mormoset apie hy is n seuntjie en ek en hy was baie na aan mekaar. Hy is in die dag in sy hok en in die aand dan haal ek hom uit en speel met hom ens. Maar dis nou al so 3 weke dat dit lyk of hy niks van my wil weet. Hy blaas hom op as ek hom in sy hokkie wil sit en hy het my al 2 keer stukkend gebyt. Ek weet nie wat aangaan nie. Asb iemand gee my raad ek soek my seuntjie terug

  6. Ek het n seuntjie marmoset hy is omtrent so 2 jaar. Ek en hy was so na aan mekaar niemand kon aan my slaan of iets nie. Hy was baie lief vir my en ons het mekaar verstàan maar omstrent so 3 weke gelede het hy heeltemal verander teenoor my. Hy is in die dag in n hok en in die aande haal ek hom uit en speel met hom ens. Maar hy het begin aggresief teenoor my raak. Hy het my al twee keer gebyt en as ek hom in die hok wil terug sit dan wil hy niks weet nie hy klim van my bed af en klim self in die hok. Partykeer blaas hy hom so op vir my hy lyk behoorlikbsoos n klein gorillatjie. Wat gaan aan dit maak my so seer want ons was baie na aan mekaar. Asb iemand gee raad wat kan vout wees

  7. Ek is op soek na marmosets aapie om te koop vir my vrou wil weet wat hulle kos ,ons bly in natal,skakel my asb by die no (0833042364)my naam is johan of my vrou by (0839844569) haar is Hannelie

Lewer kommentaar

Leave a Reply