Praat jy koei?

Navorsers aan die Universiteite van Nottingham en Londen in Brittanje het vasgestel dat koeie kan kommunikeer met mekaar.

Koeie praat deur mekaar te roep. Die tipe roep hang af van wat hulle wil hê. Die roep word verander deur die frekwensie te verander. Een tipe roep kan beteken dat ’n kalf honger is, terwyl ’n ander beteken jy word gesoek. Daar is ook bepaal elke koei se roep uniek is.

(foto QMUL/UNIVERSITY OF NOTTINGHAM)

Lewer kommentaar

Leave a Reply