Outomatiese dieselmodelle vir Hilux Raider

  Toyota Suid-Afrika het sy reeks van super-gewilde Hilux-bakkies met drie nuwe top-modelle, twee van hulle outomatiese dieselweergawes, uitgebrei. Die twee nuwe dieselmodelle is die tweewielaangedrewe Hilux 3.0D-4D Raised Body Raider Outomaties en die Hilux 3.0D-4D 4×4 Raider Outomaties. Dit is die eerste keer dat Toyota kopers van dieselaangedrewe dubbelkajuit-Hilux-bakkies die keuse van ‘n outomatiese …