Frotteurisme, ‘n parafilie, is maar een voorbeeld van ‘n hofmaakstoornis. Die koop van duur diamantringe sou heel waarskynlik ook in hierdie DSM-IV kategorie kon val. Frotteurs vryf hulself teen of raak met opset aan niksvermoedende vreemdelinge ten einde seksuele prikkeling te ervaar. Hoewel enige stukkie lyf die gewenste effek sal hê, verkies hulle blykbaar om …
Sleutelwoord Argiewe:Isabella Caramella
Lollypopguildophobia
Met al die kennis van goed en kwaad waaroor die mensdom deesdae beskik gaan dit heel waarskynlik nie meer baie lank wees voor ons die Ewige Lewe in ‘n botteltjie op ‘n rak in Walmart kan koop nie.
Sonneblomsindroom
‘n Spesifieke tipe ligsensitiewe, selfgeïnduseerde epilepsie. ‘n Persoon met hierdie sindroom, gewoonlik kinders en hoofsaaklik meisies, sal willekeurig na ‘n skerp lig soos die son kyk terwyl sy haar oopgespreide vingers heen en weer voor haar oë beweeg om sodoende ‘n flikkerende ligpatroon te simuleer wat dan ‘n epileptiese aanval induseer.
Orgasme geïnduseerde hoofpyn
Hoofpyn wat ontwikkel met seksuele omgang, voor, tydens of na orgasme. Hoewel dié toestand meestal skadeloos en ‘n blote pretbederwer is – in welke geval dit “goedaardige orgasme geïnduseerde hoopyn” heet – kan dit ook ‘n simptoom wees van iets meer boos en jy moet dan maar sorg dat jy gou by ‘n dokter kom …
Planklê in Parow
Die gier wat soos ‘n onaardige swaminfeksie vanaf Noord-Oos Engeland oor die wêreld versprei het, het ook nou sy hoogsaansteeklike kop uitgesteek in (die) Parow (in).
