Afri-Ki-Ri

Afri-Ki-Ri is Spektrum Kinderteater se nuutste toneelstuk. Dis ‘n kosmopolitiese verwerking van ‘n Jakkals en Wolf storie deur Esther von Waltsleben.


In die verhaal bedink die geslepe Jaques Hals ‘n sluwe plan om die goedige Mnr. Hoff al sy werk te laat doen en ook die mooie Verpleegster Morfina die hof te maak, maar eers moet hy ‘n operasie deur Dr. Bob Jean oorleef, of gaan hy Mnr. Hoff kry om vir hom in te staan?

Hoekom Afri-Ki-Ri? As Afrikiri met sy kierie op die grond slaan, verskiet stories soos sterre. Dan, word daar vertel, word stories lewendig en reis jy ver en wyd na eendag lank, lank gelede.

Afri-Ki-Ri is ‘n vermenging van alles wat teater magies maak. Daar word gebruik gemaak van skaduspel, projeksies en vele meer om ‘n verhaal te vertel wat sal spreek tot al wat ‘n kind is, of almal wat al ‘n kind was.

Afri-ki-ri is 1 Junie by die Ou Meulteater in die Paarl. Besprekings by 83 564 00 56 / Vicky@oumeulteater.co.za .

Afri-ki-ri
Afri-ki-ri

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar