My vrou hou nie van seks nie

Anoniem skryf:
“Ek het ‘n probleem wat ek dink my verhouding met my meisie kan kelder. Ons beoog om volgende jaar te trou maar ek begin nou bietjie twyfel. Ek dink sy het haar seksdrang heeltemal verloor en dit laat my voel asof sy nie meer lief is vir my nie. Sy het my al vertel dat sy nog nooit ‘n orgasme gehad het nie en ek wonder of dit nie dalk die rede kan wees laat sy moeg geword het vir seks nie. Ek wil nie vir haar sê dat my pla en ek begin distant van haar voel nie omdat sy dan sal vra of als vir my oor seks gaan. Is dit die moeite werd om iemand te laat gaan waarvoor jy lief is net omdat hulle nie meer saam jou wil slaap nie? Ek wil nie eendag ‘n man wees wat seks op ‘n ander plek moet gaan soek nie.”
Marthie van Zyl:
Jy het inderdaad ‘n probleem, maar jy sal MOET praat met jou meisie VOOR julle trou, want sonder seks gaan jou huwelik nie werk nie. Seks is nie die alfa en omega in ‘n verhouding nie, maar dit is beslis van kardinale belang, veral vir ‘n man …
Jy sal moet vasstel waarom sy nog nooit ‘n orgasme bereik het nie, dit is nie normaal nie, want ALLE vrouens kan, party net moeiliker as ander, maar as sy nie weet hoe voel dit nie, sal sy heel moontlik belangstelling verloor.
Ek kritiseer jou glad nie, maar jy moet onthou dat jy oor genoeg kennis van ‘n vrou moet beskik as jy haar seksueel wil bevredig, vrouens het meer werk aan bevrediging nodig as mans. Ons vat tyd en geduld om orgasme te bereik. Praat met haar en as jy steeds nie reg kom, gaan sien .n seksterapeut, VOOR julle trou asseblief.

J****** Botha skryf:
“Wat kan ‘n mens doen om vir ‘n vrou genoeg genot te gee dat sy nie moeg raak vir seks nie is daar spesiale metodes wat ‘n mens gebruik?”
Marthie van Zyl:
Die hoeveelheid genot wat jy vir ‘n vrou kan bied hang alles af van die “voorspel en naspel” en natuurlik jou algemene behandeling van die vrou, want vrouens is ouditief (wil mooi dinge hoor), hoe mooier jy dus die vrou in jou lewe behandel, ELKE dag, hoe groter jou krag om haar seksueel te plesier en tevrede te hou , en natuurlik die kuns waarmee jy haar “vry” maak die prentjie volledig, meeste vrouens hou van ‘n man wat weet wat hy doen, en van een wat haar in ag neem, want ‘n vrou het baie meer vat en vryf nodig as ‘n man voor sy REG is vir die daad…. maar dit weet jy sekerlik?
Daar is nie iets in besonder wat ek kan noem wat vir ‘n vrou sal help nie, want vrouens verskil, almal hou nie van dieselfde stimulering van dieselfde plekke nie, jy sal dus moet oefen tot jy die ware plekke kry wat saak maak, maar dan is die oefen so lekker, dit behoort nie ‘n probleem te wees nie….

[naam weerhou] skryf:
“Ben,
Ek is 26 jaar getroud ons seks is nie goed nie. Dit kom altyd net van my kant af ek het al vir haar gesê sy moet seks met ‘n ander man hê met die hoop dat ons sekslewe sal verbeter. Sal dit verkeerd wees as ek ook seks met ‘n ander persoon sal hê? Sy stel ook in geen ander tegnieke belang nie, net altyd dieselfde net om klaar te kan kry. Ek hou baie van ‘n mooi vrou en sal graag seks met ‘n ander vrou wil hê. Sal dit verkeerd wees?”
Ben:
Ek stel voor jy lees my raad in die gedeelte hier onder.

Naamloos skryf:
Ek het die swakheid dat ‘n mooi vrou vir my onweerstaanbaar is en ek droom dat ek met die meisie in die bed wil klim. Ek het ‘n goeie vrou en sy gee vir my seks maar dit is asof sy nie dieselfde gevoel soos ek het daaroor nie. Ek moet altyd die eerste stap neem. Sy sê ook dat sy sonder seks deur die lewe sal kan gaan. Dit het sy al bewys en ek kan niks nuuts probeer of verwag nie. Sy wil dit net klaar kry. Ons het al daaroor gepraat maar daar is egter nie ‘n verbetering nie. Sy is baie jaloers en wil nie hê ek moet aandag gee aan ‘n mooi vrou nie ek het al vir haar gesê sy kan maar vir haar ‘n skelm kry om mee bed toe te gaan. Sy sê sy sal maar ek glo nie sy sal dit doen nie. Ek sal nie in haar pad van geluk staan as sy meer liefde by ‘n ander man kan kry nie. Ek voel baie ek kan nie meer die versoeking weerstaan om saam met ‘n ander vrou in die bed te klim nie. Sal dit verkeerd wees as sy saam met ‘n ander man bed toe gaan en ek saam met ‘n ander vrou. Ek wil nooit van haar skei nie en sy voel ook so. Sy is ‘n baie goeie vrou net baie swak in die bed of verwag ek te veel? Ek is nie jaloers nie en gun haar geluk. Ek probeer my gevoelens onderdruk maar slaag nie altyd daarin nie. Ek het nie ‘n verhouding met ‘n ander vrou nie. Ek is ook nie ‘n seksmaniak nie, ek hou net van ‘n mooi vrou en sal nooit my gevoelens op enige vrou afdwing nie. Kan jy vir my raad gee?
Ben:
Mans vind mooi vrouens aantreklik. Ek dink nie dit is moontlik om van mans te verwag dat hulle skielik ander vrouens as seksueel onaantreklik moet vind sodra hulle getroud is nie. Trou is ook onder andere ‘n seksuele ooreenkoms. Julle het onderneem om ook seksueel eksklusief getrou te wees aan mekaar. Dit was julle oorspronklike kontrak.
Enige kontrakbreuk het implikasies. Indien beide van julle instem daartoe om hierdie kontrak te verbreek is dit julle saak. Ek probeer nie bepaal watter morele norme en waardes mense moet aanhang nie.
Ek sou graag wou sien daar nie ‘n eensydige kontrakbreuk plaasvind nie. Enige getroude paartjie moet werklik daarvoor voorsien dat jou sekslewe nie vir ‘n leeftyd op dieselfde trant kan hou nie. Natuurlik raak meeste mense verveeld. Ongelukkig kan nie almal van ons aan kreatiewe maniere dink om dit op te kikker nie. Indien julle nie self die probleem kan oplos nie stel ek voor julle kry professionele hulp.

Ek het hierdie brief ontvang:

Hi Ben
Ek hoop jy sal ons kan help. ek en my vrou is so drie maande getroud maar kom nie reg in die slaapkamer nie. Ek begin voel of ek gay is want sy het nog nie eens ´n orgasme gekry nie. Jy sal my nie glo nie maar as ek vir jou sê dat ons 5 maal al seks gehad het is dit baie.
Sy sê sy hou nie van seks nie en kan daarsonder klaarkom. As ons wel seks het dan sal sy sommer net besluit om op te hou want sy is nie meer in die mood nie, of ek het iets verkeerd gedoen volgens haar wat haar af gesit het. Ek is raad op en weet nie meer nie. Dink jy ek is die een wat ´n probleem het? Ek begin al dink dat ons nooit kinders sal kan hê nie want seks is heel laaste op haar agenda. Hoe kan ek haar meer geintreseert maak?
DANKIE VIR ´n PUIK RuBRIEK!!!
Koos
Ben:
Die mens is ´n sosiale wese. Sosiale verhoudinge kan wissel van onbetrokkenheid tot uiters intiem. Seks is een so ´n voorbeeld van ons intieme verkeer met ander. Wat ek probeer sê is dat ons moet seker maak van on seksuele verhouding met ´n potensiële lewensmaat voor so ´n verhouding te ernstige afmetings aanneem.
Koos, dit is moontlik dat jou vrou glad nie van seks hou nie (ja, diegene bestaan ook) of dat daar ´n probleem met seksuele opwekking is . Ek is nie goed genoeg vertroud met jou vrou en julle situasie om my te veel oor jou spesifieke omstandighede uit te laat. Ek stel voor jy en vrou gaan soek raad by ´n sielkundige.
Indien jou vrou nog ´n maagd was voor julle troue moet jy haar dalk nog so ´n tydjie kans gee. ´n Eerste seksuele ondervinding kan vir sekere persone ´n baie traumatiese ervaring wees. In so ´n geval moet jy nie te veel druk op haar plaas nie. Hou maar uit, daar lê nog baie jare voor.
Ek stel voor dat jy haar emosioneel ondersteun en die fisiese vir ´n tydjie eenkant plaas. Moet nie vergeet om te laat deurskemer hoe aantreklik jy haar liggaam vind nie. Indien julle weer toevallig seks het kan jy haar ook gerus vertel hoe mooi haar vagina is en maak seker jy behandel haar met respek.
Oorweeg egter asseblief die sielkundige. Dit sal moeilik wees vir my of jou om agter die kap van die byl te kom en dit is van uitserste belang dat julle oor hierdie hekkie kom, want seksuele kontak help ons om ons verhoudings in stand te hou.
Hoop julle kom reg!

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Hoe vind jy die regte seks maat.
    Ek ontmoet n goeie vrou. Geen seks voor die huwelik wat nog te sê om daarvan te praat. Ons beplan n mooi toekoms saam, raak verloof en trou. Aand no. 1. Asseblief nie vannaand nie. Daar sal nog baie tyd wees vir ons. Alles reg. Lekker slaap. Daarvandaan het ons amper elke aand seks. AMPER GISTER AAND. AMPER EERGISTER AAND en amper elke aand maar niks gebeur nie. Die party wat rondloop is altyd die skurk. Wat van die party wat nie sy huweliks ooreenkoms nakom nie. Dis mos die skurk of hoe.
    Vraag.
    Hoe vind mens uit of julle dieselfde dink van seks

Lewer kommentaar

Leave a Reply