My vrou se man se lyk se tas

Henry Perkins, ’n tipiese voorstedelike rekenmeester, ruil op die trein per ongeluk sy tas met die van ’n ander man om, net om uit te vind dat die tas ’n klein fortuin bevat!

Henry vertel sy niksvemoedende vrou van hul nuutgevonde fortuin, maar sy hanteer dit nie so goed soos Henry gehoop het nie. Gou sluit hulle beste vriende by hulle aan, asook ’n polisieman wat agter die deur staan, ’n ander polisieman wat op jag is en die gevreesde misdaadbaas wat gekom het om sy geld op te eis. Voorsienbaar, gryp die onvoorsiene in en wat volg is ’n dolle vaart van histeriese humor!

Met: Chris van Niekerk, Amalia Uys, Lulu Botha, Paul Lückhoff, Chris van Rensburg, Botha Enslin, Duncan Johnson en Phillru van Achterbergh
Regie: Frans Swart
Teks: Ray Cooney
Vervaardiger: Lefra Produksies

innibos 2013

Gradering: Geen o/13 OB (T)
Datum en tyd: Di 25 Junie 18:00, Wo 26 Junie 09:00, Do 27 Junie 13:00 en 20:00, Vr 28 Junie 10:00, Sa 29 Junie 13:00.
Venue: NG Moedergemeente-kerksaal, Nelspruit
Tydsduur: 140 minute
Prys: R142 / R122

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply