‘Meneer, meneer my naam is Sandy!’ As jy die laaste woorde van 2005 se wegholtreffer, Sussie rafel nou uit,/em> onthou, dan onthou jy die nimlike Sandy, wat met Marion Holm se ongelooflike talent diep in die harte van feesgangers gekruip het.
Met hierdie splinternuwe show vir 2006, stel sy ons bekend aan ‘n handvol karakters wat in die kontoere van Marion se gesig, in die taal van haar lyf, en in die kamers van haar hart ‘n tuiste vind.
Hierdie karakters is gevul met patos, is skreeusnaaks en is bowenal so herkenbaar soos net Sussie hulle kan maak, want hulle is net so Afrikaans soos Braaivleis, rugby, sunny skies en … Sussie!
Met Marion Holm
Teks: Hennie van Greunen en Marion Holm
Regie: Hennie van Greunen
