Lanklaas het studente stem dik gemaak … gesê wat hulle wil sê, hoe hulle dit wil sê, vir wie hulle dit wil sê … is ons dan nie die generasie wat beskuldig word van apatie en ‘n gebrek aan opinie nie? Geen noemenswaardige opstande wat die geskiedenis omkeer, geen teaters wat afgebrand word nie (daar mag dalk ‘n verassing op jou wag?!) … als is net so half van semi chill …

Jy kan ‘n ontploffing van idees, vraagstukke, woordkuns, ‘n verskeidenheid musiek en danse verwag. Ten spyte daarvan dat ons Brecht se werke as uitgangspunt gebruik, hoef jy nie ‘n Brecht-boffen of ‘n teater-junkie of ‘n arty farty te wees om hierdie produksie te waardeer nie …
In Brecht se eie woorde: “Omdat dinge is soos dit is, sal dit nie bly soos dit is nie.”
