Dis 20 jaar later. Die hoërskoolreunie. Die tema: die vroeë 80’s.
Marlene en Gerda is vuur en vlam. Hulle krap in ou bokse, ou winkels en ou herrinneringe. Kry die ideale klere: kleurvol met shoulder pads. Sit make up aan: gothic. Stap in by die saaldeur. Niemand anders het opgedress nie.
Hulle storm na die meisiestoilet. Sluit die deur. Gelukkig het Marlene ‘n groot roomkoek saamgebring. Die soet baklei nou wel teen die bitter van Gerda se gin, maar hier gaan hulle bly – in dit toilet van die lewe.
Honderde meisies wil pie, Marlene en Gerda eet, drink, huil, lag en, bowenal, sing!
Roomkoeke is ‘n comedy theatre rock show – of anders gestel: ‘n rock konsert met ‘n SKREEUSNAAKSE storie!
Hierdie is Heidi Edeling en Sarah Theron se nuwe show, maar anders as hul Serial Stoeptannies (1997), is hierdie ‘n sogenaamde ‘two-hander show’ – 2 sangeresse met ‘n band op CD!
Heidi en Sarah het mekaar 20 jaar gelede by die Universiteit Stellenbosch ontmoet. Reeds toe het die gehore besef dat dié twee sangeresse ‘n spesiale energie op die verhoog deel.
Met hulle eerste show, Serial Stoeptannies, ‘n top-10 produksie by die KKNK, het die feesgangers hul kombinasie op die verhoog baie geniet en waardeer. Dit is dus nou hoogtyd dat die vennootskap verder gevoer moet word.
Tweedens is albei sangeresse in eie reg soliste en het hulle reeds hul merk in verskeie genres in die vermaaklikeheids-bedryf gemaak. Dit verseker dat die show van ‘n hoogstaande gehalte sal wees, ook in die lig daarvan dat die bekroonde regisseur, Hennie van Greunen, die show skryf en die regie te behartig.
