Reconstructing Alice

Wat kan ons sê? Sonja Haroldt. Die naam kan op sy eie gebruik word vir vele betekenisse. Daar is die liefdeskind van die nasie in die 70’s. Hoop vir die wedergebore Christen in die 80’s. Dan het ons die battered wife en ongeluksvoël van die 90’s en nou sit ons met ‘n splinternuwe Sonja – die revolusionêr. En “WOW” is al wat ek kan sê.

Sonja Haroldt kan beskou word as ons eie Madonna – soveel keer al ge-recontruct, maar nog nooit voorheen soos wat ons nou sien nie. Haar musiek is baie meer volwasse, kunstig, luisterbaar en stylvol as ooit tevore. Haar aanbieding van haar musiek is van top gehalte. Die regie van Reconstructing Alice het wel ‘n bietjie werk nodig; ‘n bietjie meer storie-dialoog mag dalk die punt van die vertoning beter oordra en sny die “ou Sonja”-medley uit en die produksie kry volpunte.

Maar sover die opdrag, Sonja ons hou jou dop. Hier kom ‘n ding.

Lewer kommentaar

Leave a Reply