Sewentien van Select Musiek se kunstenaars se gesamentlike vertolking van Fredi Nest se nuutskepping Kersfeestyd regoor die wêreld verleen aan dié DVD sonderlinge bekoring.
Getrou aan die sterre se musiekgenres, kry ons nuwe werk deur Kurt Darren (“Slaap my kind”), Nicholis Louw (“Jesus gaan verjaar”), Dozi (“Krismisliggies”), Die Campbells (“Vet rooi omie”), Fredi Nest (“Gee my jou”), Amor Vittone & Pieter Koen (“Ons liefde is soos Kersfees”), Shine4 (“Nou’s dit Kersfees”), Hi-5 (“Die geskenk”), Ons Eie Tenore & Ray Dylan (“Hoor jy nog die lied?”), Ronéll Erasmus (“Ek glo”) en Helené Bester (“25 Desember”).
Vyftien van die dertig liedjies op die DVD is in vier keuspelle verpak: én “Kersfeeskuierkeurspel” deur Freddie Mong & Pieter Naudé, én klassieke instrumentele keurspel deur Eclips, “Die wysiemanne-keurspel” deur Die Campbells, Jacques de Coning en Jakkie Louw én stylvolle “Kersfeeskeurspel” deur Amanda Luyt & David Fourie.
Dan is daar ook André Schwartz se vertolking van “Christmas time”, Kurt en Nicholis se weergawe van “Give me peace on earth” asook Bellamy Brothers (“We all get crazy at Christmas”) en Whigfield (“Last Christmas”) wat wêreldswier verleen. Martin Lane (klavier) & Niekie van den Berg (voordrag) van “Dankie Vader, dis Kersfees”, bind die Boodskap van Kersfees hierop.