André Schwartz en Amanda Strydom gedenk twee van die wêreld se grootste kunstenaars: Jacques Brel en Edith Piaf. Hulle sing/vertel van liefde, die dood, oorlog en oorwinning. Liedjies soos “Marieke”, “Ne Me Quitte Pas”, “Seasons in the Sun”, “Autumn leaves” en ‘n legio ander word vertolk deur twee van ons land se gewildste kunstenaars, onder meesterlike begeleiding deur Coenraad Rall.
Brel & Piaf het niks minder as ses Naledi nominasies ontvang nie en Amanda Strydom is bekroon met die Naledi vir Beste aktrise in ‘n musiekspel.
By die Boer restaurant teater in Durbanville op 2 en 3 Mei om 20h30.
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

