Casper de Vries is terug op die stand-up verhoog met n splinternuwe show by Emperor`s Palace!
Omdat sommige suurknolle hom in die verlede `n “”Vark in Hel”” genoem het, en omdat Casper van woordspelings hou, het hy besluit om die show Casper de Vries – Vark in Hel te noem.
Dis nie vir onvolwasse, sensitiewe of skokbare mense nie, want soos gewoonlik spot en satiriseer Casper weer met alles onder (en bo) die Son. Afrikaanse humor spesiaal vir diegene wat warm is van gees!
24 November tot 18 Desember by Emperor`s Palace.
