Tygerberg-kinderkoor se jaarlikse Kerskonserte

Die Tygerberg-kinderkoor hou binnekort weer sy gewilde jaarlikse Kerskonserte.

Die 39-jarige koor, wat onder leiding van Hennie en Theresa Loock staan, was ‘n dubbele wêreldkampioene op die 6de Wêreldkorespele in Shaoxing, China, in Julie 2011.

Hul Kerskonsert is getiteld “Vrede op Aarde”.

Gunstelinge soos “Agnus Dei”, “O Holy Night”, “Kom Alle Getroues”, “‘n Sonneblom uit Bethlehem”, “Santa Claus is Comin’ To Town” en Gounod se “Ave Maria” kan gehoor word.

Die koor word bygestaan deur die vokale groep The Voice of Angels, almal lede van die koor, en soliste Madri Gerber (viool) , Annatjie Brand (orrel), Karina Erasmus (kontrabas) en Charl van Heyningen (verteller).

Die konserte is op 20 en 27 November en op 4 en 11 Desember om 15:00 in die Endlersaal in Stellenbosch. ‘n Addisionele konsert word op Saterdag 3 Desember om 20:00 in Kaapstadse stadsaal gehou. Kaartjies kos R90.

Bespreek by Computicket.

Tygerberg-kinderkoor
Tygerberg-kinderkoor

Die koor hou vanaf 7-9 Desember 2012 sy 40ste reünie, en dit beloof om ‘n uitsonderlike gebeurtenis te wees. Oud-koorlede en belangstellendes word nou reeds gevra om die koor te kontak by info@tcc.co.za of 021 851-8261.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar