Cats

Een van die wêreld se bekendste en gewildste musiekblyspele, gebaseer op T.S. Elliot se Old Possums’ Book of Practical Cats.

Kom snak na jou asem wanneer die rommelwerf-stel omskep word in ‘n mistieke nagtelike speelgrond vir katte van alle kleure en geure. Stort ‘n traan met die treffende “Memory” wat deur Grizabella, die eens betowerende kat, gesing word.

Dit is ‘n moet-sien aanbieding vir die hele gesin met ‘n spiksplinternuwe Suid-Afrikaanse rolverdeling.

Kaartjies wissel van R150 tot R375.

29 November tot 10 Januarie 2010 by Kunstekaap in Kaapstad.

Dagboek

Lewer kommentaar

Leave a Reply