Die bekroonde Broadway- en West End-musiekblyspel, Chicago, sal vanaf Woensdag, 27 Augustus tot Sondag, 28 September 2025 by Kunstekaap, Kaapstad op die planke wees en daarna vertrek na die Montecasino’s Teatro, Johannesburg vanaf Vrydag, 3 Oktober tot Sondag, 9 November 2025. Kaartjies is te koop by Ticketmaster.co.za

Moenie die Early Bird spesiale 20%-afslag oor alle prysklasse misloop vir besprekings wat gedurende Maart 2025 gemaak is nie, slegs geldig vir optredes by Kunstekaap op 27, 28 en 29 Augustus en Montecasino se Teatro op 3, 8 en 9 Oktober 2025. Beperkte kaartjies beskikbaar.

’n Nagklubsangeres, ’n moordenaar, ’n gladdebek prokureur en ’n selblok van sonde is hoe die storie van Chicago ontvou met opwindende liedjies soos ‘All that Jazz’, ‘Cell Block Tango’ en ‘Mister Cellophane’. Vanaf die eerste lyn tot die gordyn sak is daar is niks soos Chicago op die verhoog nie.

Chicago is vir die eerste keer in 1975 geskep deur die legendariese Broadway-trio van John Kander (musiek), Fred Ebb (boek/lirieke) en Bob Fosse (medeskrywer, oorspronklike regisseur en choreograaf) in 1975, en is gebaseer op ‘n Broadway-toneelstuk uit 1926 geskryf deur Maurine Dallas Watkins, ‘n joernalis wat die moorde van twee vroue vir die Chicago Tribune gedek het.

In November 1996 het ‘n herlewing van Chicago op Broadway geopen, vervaardig deur Barry & Fran Weissler, en ‘n jaar later het hulle die vertoning in Londen se West End geopen. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis, want Chicago speel tans sy 28ste jaar in New York waar dit die rekord hou vir die musiekherlewing met die langste speelvlak en die tweede langste musiekblyspel in Broadway-geskiedenis.

Lewer kommentaar

Leave a Reply