Steinmetz Productions stel bekend ‘n nuwe produksie: Conversations.
Marcelle Steinmetz, musikant en sanger, in medewerking met Hester Bredenhand, opkomende skrywer, voer gesprekke deur middel van poësie, sang en klavierspel. Saam skep dit nie net ‘n gesprek op die fisiese vlak nie, maar ook hart, siel en gees.
Conversations is saamgestel uit die kunstenaars se eie oorspronklike werke en belowe om ‘n ware avontuur van Geestes-, harts- en verhoudingsopenbarings te wees.
Saterdag, 8 Februarie 20h00 R60.00
Ou Meulteater, Paarl
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za
