Crown of the Russian Ballet in SA

Gehore in Johannesburg, Kaapstad , Durban en Pretoria kan uitsien na uitstekende Russiese ballet van 9 tot 25 Mei.

Die Suid-Afrikaanse program van die geselskap is getiteld Masterpieces of French Music in Ballet en sluit in dele uit Bizet se Carmen, Saint-Saëns se Sterwende swaan, Pugni se Pas de Quatre, Jacques Brel “Ne Me Quitte Pas”, Ravel se Bolero en Adolphe Adam se bekende Pas de Deux uit Le Corsaire.

Crown of the Russian Ballet is een van Rusland se mees gerespekteerde balletgeselskappe.

Die geselskap is gedurende die volgende datums in die onderskeie stede:
9-11 Mei, Theatre of Marcellus, Johannesburg
14-18 Mei, Baxter, Kaapstad
20 & 21 Mei, Playhouse, Durban
23-25 Mei, Staatsteater, Pretoria

uit Carmen

Lewer kommentaar

Leave a Reply