Dekaf is ’n swart / wit komedie oor swart ouens wat dink soos wit ouens, vertel deur ’n swart ou, wat dink soos ’n wit ou.
Dekaf het die Golden Ovation-toekenning vir komedie gewen tydens verlede jaar se Nasionale Kunstefees.
Die stuk is tot 2 April by die Baxter-teater in Rondebosch, Kaapstad. Daarna vertrek dit na die Lyric by Gold Reef City in Johannesburg waar dit net op 9 April te sien is. Dit is ook net vir een dag, 28 April, by die Krakatoa Action Bar by die Sibaya Casino in Durban.
Met Sivuyile `Siv` Ngesi. Die regisseur is David Newton.