Gemoed vol vrees – ’n gedig vir my ouma
My hart is leeg
My gemoed vol vrees
Jy is weg, verewig weg
Ek wens ek kon vir jou lewe veg
Hoe dan nou; wat gemaak
Ek probeer voltooi my daaglikse taak
In my gedagtes leef jy nou
Ek wil so graag my arms om jou vou.
As ek om die hoek stap staan jy daar
Met jou blou nag rok aan
Kom terug roep ek om die draai
Asseblief moenie die laaste saai sak saai
Die kaartjie sê “mis my maar laat my gaan”
Dis so moeilik ek dink elke dag daaraan
Tot weer sien sal ek maar eers groet
Die lewe is tog so bitter-soet
(Stuur jou gedigte na bydraes by roekeloos.co.za) Digters is ook welkom om een foto te stuur vir publisering.