Die Begrafnis

Vir jare vermaan Ant Vossie al haar man, Oom Vierman, dat hy sy gewig moet dophou, die vet gaan nog sy einde beteken.

Op ‘n warm dag verlaat Oom Vierman toe die land van die lewendes – en dis presies hier waar die paw-paw die fên slaan. Aangesien die kamerdeur te klein is om hom uit te dra moet Mnr. Balsening, die begrafnisondernemer‚ ‘n plan beraam om Oom Vierman in sy graf te kry. Maar dis warm en Vytjie kan nie voorbly om ys aan te dra nie en die waaiers maak ook nie hond haar-af nie.

Die huis word al hoe voller met Konyntjie, die buurvrou wat ‘n simpatieke oor kom gee en Smous, Ant Vossie-hulle se enigste seun, wat sy meisie van Kraaifontein saambring na die begrafnis toe.

Intussen neuk Eskom met kragonderbrekings én die SABC se televisiespan daag op om ‘n insetsel van die begrafnis te maak vir die 8 uur nuus.

Karakters: Ant Vossie: Rene Botha, Balsening: Jacques Albertyn, Konyntjie: Jaomi Zeeman, Patsie: Zelda Furstenburg, Smous: Jeff Wolhuter, Vytjie: Belinda de Kock.

Regisseur: Vicky Stemmet.

Geskryf deur Philna Janse.

Verhoogbestuur: Zuquina D’Emiljo.

Aangebied deur die Ou Meulteater se Amateur Toneel Groep.

Donderdag – Saterdag, 29 – 31 Maart, 20h00, R60.00, Ou Meulteater, Paarl.

Die Begrafnis
Die Begrafnis

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply