Ons verneem graag van enige iemand wat weet wat die persoon gerook het by die Mail & Gaurdian wat Guy Willoughby gevra het om ´n resensie te skryf oor die Boetman is die bliksem intoneelstuk.
Willoughby het nie ´n idee van waaroor die debat gegaan het nie. Dit is ook duidelik dat hy nie eens weet wie Chris Louw is nie. Glo een of ander mediese dokter, aldus Willoughby.
Die kersie op die komiese koek is dat Chris Louw vantevore ´n artikel in die Mail & Guardian geskryf het oor die Boetman-debat en was vir meer as ´n jaar lank ook die politieke korrespondent van die koerant.
