The Ladykillers

Met: Tom Hanks & Marlon Wayans
Regisseur: Joel & Ethan Coen

Joel en Ethan Coen verdien hul reputasie as konings van komedie, maar The Ladykillers laat hulle soos moordenaars van komedie lyk.

Mev. Marva Munson, weduwee en getroue kerkganger, verhuur ´n kamer in haar huis aan Prof Goldthwait Higginson Dorr (Tom Hanks) wat besig is om ´n boek te skryf. Wat mev. Munson nie weet nie is dat die prof en sy maatjies haar kelder gebruik om planne te maak om ´n casiono te beroof deur ´n tonnel te graaf vanaf haar kelder tot by die vertrek van die casino waar die geld getel word. Mev. Munson betrap die spulletjie op heterdaad en beveel hulle om soet seuntjies te wees en al die geld terug te gee. Hoe nou gemaak met mev. Munson, dood moet sy, maar wie gaan dit doen.

Tom Hanks kom oppervlakkig voor as die prof en daar is ´n groot tekort aan talent onder die res van die rolverdeling.

Die film is oppervlakkig genoeg om te dien as ´n sitcom op TV.

2/10


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply