Die hart verklap is ’n Afrikaanse vertaling en verwerking van die Amerikaanse skrywer Edgar Allan Poe
se klassieke kortverhaal oor obsessie, vervolgingswaan en moord, The Tell-tale Heart.

’n Moordenaar probeer sy bes om ’n onsigbare gehoor te oortuig dat hy nie versteurd is nie, maar hoekom wil hulle hom nie glo nie? Sy argument is dan so duidelik, sy dade so slinks, sy sintuie so skerp?

By die Vrystaat Kunstefees 2019 het dié stuk Blinker Toekennings vir Beste debuutproduksie en Beste
kunstenaar gewen.

Vervaardig deur Chris Vorster
Edgar Allan Poe – Skrywer
Chris Vorster en Dion van Niekerk – Regie, vertaling en verwerking, stel- en beligtingsontwerp, klankbaan
Dion van Niekerk – Tegniese versorging en verhoogbestuur
Chris Vorster – Kostuums

Met: Chris Vorster

Woordfees 2020

6 MAART 18:00 | 7 MAART 10:00
8 MAART 10:00
55 min | Drostdy Teater Stellenbosch
R130 – R150 | R170 by die deur

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar