Op die verhoog – ´n huisie in ´n woud langs die breë Meulrivier; en ´n trein wat oor die verhoog voortdonder …
Ongelooflik, maar waar. Dit is die agtergrond vir die Afrikaanse produksie onder leiding van Pieter Strümpher en Joey de Koker.
Die Vark en die Gousblom is vrylik vertaal en losweg gebaseer op Bill Johnson se Dirty Work at the Crossroads, ´n ou Amerikaanse melodrama, wat vir die eerste keer in 1890 opgevoer is.
Alhoewel in Afrikaans vertaal en verwerk, bevat die stuk steeds elemente van ´n ware melodrama: ´n skurk met ´n weglê-snor wat daarop uit is om die hart (bates?, besittings?) van die pragtige blonde heldin ten alle koste te verower met allerlei slinkse skelmstreke en konkelwerk – selfs moord!
Die produksie spog met nie minder nie as tien spelers, pragtige dekor, opwindende stemmingsmusiek, Victoriaanse kostuums en spesiale effekte.
In Afrikaans vertaal deur Pieter Strümpher. Met Gerhard de Jager, Gwen Knörr, Anéne Loots, Rachel Jacobs, Mario D’Emiljio, Freek van Zyl, Biebie Brits, Angel Mannel en Andrea Vermeulen. Regie: Pieter Strümher en Joey de Koker.
