Willim Welsyn en die Sunrise Toffies

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Willim Welsyn en die Sunrise Toffies is ‘n oorspronklinke Afrikaanse rockgroep so tussen Ladismith in die Klein Karoo tot Stellenbosch in die Boland. Willim Welsyn, die leier van die groep, is die kitaar melodie-meester en tower-woorder, Panna Dekker is die emosionele ‘grooving’ baskitaarspeler terwyl Etienne Nel die tromme stoompot slaan.

Die musiek word beskryf as energieke ‘Sonskyn Rock’ en die liedjies se temas is toegedraai in ‘n snoesige poësie kombers. Willim raak lirieke kwyt soos: ‘Helikopter-spinnekop val op sy knieë, swem op sy maag, sterf in die see …’ en ‘Meng jou murg met myne, plant my in jou tuine, knoop ons vel se veters aanmekaar …’ Die liedjies het altyd ‘n positiewe gevolgtrekking aan die einde en word vergesel met diepsnyende kitaarwerk en puik tromme.

Willim en die Toffies was laasjaar September se ‘tref of trap’ wenners van die SABC 2 program, Pitstop. Daarna is hulle deur die Beeld koerant genooi om by Aardklop te speel vir die ATKV se Sterre op die Horison-prokuksie saam met Myburgh Grobbelaar en Brenda Bidulph van Die Kaalkop Waarheid.

Willim se eerste volsnit album, Feromoon Rose het baie populariteit verwek in die Stellenbosch se ondergrond scene. Nadat hy die Sunrise Toffies bymekaar gekry het, het hulle onlangs hul nuwe album, Buikspraak as groep opgeneem. Die 12-snit album is kleurvol en energiek en gee die Afrikaanse Rockscene ‘n harde hupstoot. Twee interressante musiekvideos is ook geskiet met die hulp van regiseuse, Lynette Mitchell van Gemengde Slaai Prokusies.

Die groep het ook al saam met bekendes getoer en opgetree soos Die Melktert Kommissie, Fokofpolisiekar, Rooibaardt, Jan Blohm, Bacchus Nel, Gert Vlok Nel, Akkedis en Bloukaas (2005 se Rockspaaider wenners).

Hierdie groep soek net ‘n plekkie in die son nie, dis hulle wat die son van die verhoog af stook.

Lewer kommentaar

Leave a Reply