Moses se storie

Moses, vannie Bybel, was nog sommer klein, so vyf jaar oud, maar so ondervoed dat hy nog maar moeilik geloop het. Sy familie was ervare grafbouers vir die Egiptenare. Maar omdat hulle so vêr uit die dorpe moes werk, het die Egiptenare gereeld by die vrouens deur die week gekuier. Die gevolg was ´n moerse aanwas van basters in die werkerskolonie. Die Egiptenare wou nie daarvoor pa staan nie en toe besluit die koning Farao om al die kleingoed maar te laat uitwis, want dit het ´n muitery onder die grafbouers laat dreig. As daai Isrealiete besluit het om te staak om te kan keer dat daar nog meer snaakse kleintjies gebore word, kon die Egiptenare nie bekostig om te vrek nie. In daai woestyn moes jy ´n dooie lyk dig begraaf anners het hy gestink laat jy die dorp moet verskuif. Sommige is sommer voordood begraaf, net ingeval.

Nou, Moses het darem al geleer om vir sy ma aas aan die hoek te sit as sy in die Nyl op hulle kano gaan visvang. Hy het ook geleer om die roeispane so bietjie te houvas as daar ´n byt was. Sy ma het gewoonlik ´n moerse klip op die kano gelaai vir ´n anker, maar hy was nog te swak om dit te dra.

Toe die Israeliete hoor dat die kleintjies afgeslag gaan word, toe kyk Moses so na homself en hy sien dat die Egiptenare gaan dink hy´s nog nie twee jaar oud nie en hy kom toe op ´n plan.

Hy gaan sit daar by die rivier en wag dat die Farao se dogter haar maandelikse bad moet kom kry. Haar oppassers was ´n moerse gevolg wat die leer ook ingesluit het. Daar was selfs ´n hele kompanjie berede soldate. Hulle was al van vêr af sigbaar met al die geraas en stof wat die spul opgeskop het. Moses het so ´n entjie bokant die badplek met sy ma se skuit gewag. Toe hy dink dat as hy nou met skuit en al tot in die middel van die rivier roei en dan sy spane weggooi, sal hy net mooi saam met die optog se aankoms by die badplek so geposisioneer wees dat die soldate hom uit die water kan red, stuur hy die kano die rivier in.

Hy het hom egter so bietjie mis-judge. Die water het sterker gevloei as wat hy gedink het en hy sien toe hier kom kak. Daai rivier vat hom met kano en al en daar gaan hy soos ´n speedboat rivier af. Hy begin skreeu soos ´n maer vark, en dit was nie aansit nie, hy was klaar natgepis en die skuit tel nog spoed op. Met die kom die hele kavalkade op die wal aan en hulle sien die gevaarte net so skuins van agter en op daai oomblik toe hou sy pens ook niks meer nie en hy skyt ´n boog wat daai boot sou briek as hy annerkant toe gekyk het, maar hy het nie en toe vat daai kano vaart asof sy turbo´s inskop.

Die prinsessie kyk die spul en haar hart raak sag en sy sê die army moet hom gaan haal. Die generaal sê nog eers dat dit ´n Israeliet is en dat hulle hom elkgeval gaan vrekmaak. Maar die prinses sê sy het nog nie ´n persoonlike nar nie en haar pa het baie wat vir hom vermaak en sy dink dat sy daai outjie vir haarself gaan hou. Die generaal sien toe hy kan nie verder stry nie want as dit haar wens is en hy voer dit nie uit nie is sy eie kop dalk moertoe en hulle sukkel juis so met grafte. Hy laat toe ´n klomp soldate in die water spring agter die kano aan. Nou, ´n Egiptiese soldaat is geleer om ´n bevel uit te voer of te vrek voor hy opgee. Daai kano se spoed was al so hoog en die krokodille so baie dat hulle toe maar gevrek het.

Die generaal stuur toe ´n berede eenheid om langs die rivier af te ry en deur die draaie kortpad te vat sodat hulle die klein bliksempie voor die waterval kon inhaal. Daai manne laat die perde hardloop dat die stof staan en toe hulle buite die generaal se sig is sê die korporaal hulle kan nie die perde vrekry agter ´n klein Israeliet aan nie. Die generaal kan hulle in elk geval ook nie meer sien nie. Hulle moet eers rus. Met die rus raak hulle so bietjie aan die slaap en toe moet hulle sommer jaag toe hulle daar wakkerskrik.

Hulle kry die kano toe so na aan die waterval dat hy al begin sterk trek en gelukkig is daar nie meer krokodille waar die rivier so sterk loop nie. Maar daai mannetjie op die kano skop so ´n bek op en sy maagwerk stink so dat die perde dit nie naby daai kano wil waag nie. Die korporaal gaan wag toe so paar tree voor hom en spring van sy perd in die kano laat dit uitmekaar splinter. Met dié gaan hy en die raasbek onder die water en daar is g´n mens gemaak wat onder die water kan skreeu nie en die perd sukkel toe nie meer so erg om van hulle weg te kom nie. Hulle dryf toe teen die perd vas en dit swem toe met hulle kant toe.

Die redding is so vinnig uitgevoer dat die stront nie eers van die klein Israeliet afgewas het nie. Die korporaal sien toe dat sy haakskene bekak is soos hy op sy knieë gestaan het in die skuit en hy dink toe as hulle hom so vieslik vuil en vol stank by die prinses bring, sal sy sommer vir hulle sê om hom maar vrek te maak. Hulle neem hom toe net so na haar toe. Maar sy verras hulle en sit drie van hulle aan om hom eers met sand af te vee en dan te probeer skoon was.

Dit was al sterk skemer toe hulle by die paleis terugkom en sy sê toe hulle moet die arme dingetjie kos gee want hy is net pens en bene. Met die paleis se kos en persoonlike knegte het die Egiptenare toe vir moses sommer vinnig gesond gekry, maar sy stem het hy met die ondergaan van die kano in die water verloor. Hy´t van daai dag nie weer verstaanbaar kon praat nie.

Toe vat die Farao se towenaars daai mannetjie onder hande en hulle dink omdat hy nie kan praat nie moet hy dom wees. Hulle leer hom toe al die toertjies wat hulle ken sodat hy vir die prinses kan vermaak. Hulle het met die dat hulle hom uit die boeke geleer het nie eers agtergekom dat hy daardeur geleer lees en skryf het nie. Wanner hulle hom alleen los om sy toertjies te oefen, het hy gegaan en in daai toorboeke gelees en hy`t op toertjies afgekom wat hy gesien het die Egiptenare hom nie geleer het nie omdat hulle dit self nie kon regkry nie.

Intussen het hy maar vir die prinses, maar seker meer met haar, gespeel. Toe die prinses die dag trou, toe het Moses haar al alles geleer wat ´n prinses moet weet en die nuwe man was nie baie impressed nie en hy dank hom toe af.

Nou weet ons hoe dit is met een wat heeldag besig was in ´n hoge pos en hy raak skielik werkloos. Eers kry hy homself vrekjammer en dan vind hy uit dit help hom niks en dan gaan loop hy maar rond en kyk of hy nie iemand anners kan jammerkry nie. So tussendeur kyk hy maar rond of daar niemand anders is wat hom wil jammerkry nie. Hy´t darem nog onthou waar hy vandaan gekom het en toe hy weer eendag by sy ma-hulle wil gaan inloer, kom hy op twee ouens af wat oor ´n gelling wyn fight. Nou ken ons ook van dronk mense, hulle sal makaar probeer dood bliksem, maar hulle kry dit maar min reg. Toe Moses die fight so staan en kyk toe sien hy hulle gaan dit weer nie regkry nie en hy vat toe ´n stomp hout en donner die een oor die kop, morsdood vrek, net om vir hulle te wys hoe jy dit moet doen en toe wil daai annereen wat nog leef hom by die polieste gaan vekla en toe hardloop hy weg.

Soos Moses weghardloop begin sy kop weer werk en hy dink dat almal mos weet hy kan toor. Hy hardloop vir vier dae daai woestyn in en toe`s hy so moeg hy raak aan die slaap en dit was toe so warm dat hy droom die bos waaronder hy lê is aan die brand. Ons ouens sou net daar wakker geword het en gesorg het dat ons van daai brand af wegkom, maar hy was moertoe moeg en hy droom toe maar voort. In sy droom sien hy toe iemand vertel toe vir hom wat hy moet doen, en dit was presies waaraan hy gedink het soos hy gehardloop het. Moses het net daar die eerste entrepineur-politikus geword.

Dit vat hom toe tien dae om terug by sy mense te kom en hy skryf sy plan vir sy broer neer laat hy kan weet want hy sou hom nodig kry om die praatwerk te doen. Sy broer verstaan en hulle eet die grond waarop hulle geskryf het op solat die Egiptenare nie moet agterkom nie. Toe begin die broederbondvergaderings in die geheim en al die gatstekery en planne om die Israeliete daar weg te kry. Een ou wou weet hoekom hulle nie maar net die Egiptenare kon verjaag of een-een in die rivier versuip nie, dan het hulle nie nodig gehad om so vêr deur die woestyn te loop blyplek soek nie. Moses het gesien hierdie ou gaan sy pos wat hy vir homself wou skep, bedonner en toe maak Moses hom een van sy ministers.

Moses se opleiding het baie meer as net toorkunsies ingesluit. Hy´t van die weer en die natuur baie geleer en hy kon vêr vooruit voorspel en hy´t fyn waargeneem. Hy vat toe sy broer en gaan na die Farao en sy broer sê vir hom Moses is nou die premier van die Israeliete en hy wil nie meer hê hulle moet so hard werk en dan nog sonder betaling ook nie. Hulle is hoeka gatvol vir grafte bou en hulle gaan anner werk loop soek. Daai Farao lyk of ´n kameel op sy hart gekak het oor die vermetelheid, maar hy sien dat hy niks kan doen nie want dan word daar nie graftes gebou nie. Hy praat toe nog ´n klomp stront met Moses oor werkskontrakte en sukke goed toe raak Moses die moer in. Moses se act was so goed, hy moer sy hol kierie op die grond dat die stukke spat en daar kruip toe ´n slang uit die hol kierie en Moses skrik hom amper vrek en Farao dink dis weer net toordery en hy roep sy toorders en hulle doen toe ook dieselfde. Maar Moses se slang vreet al daai anner slange op en die Farao sê hy sal moet dink oor Moses se plan, en Moses moet oor ´n week trugkom, maar Moses sê nee hy wil die volgende dag weet en so stry hulle tot dit net drie slapies is voor die Israeliete sal weet of die Egiptenare hulle kontrakte sal opskeur.

Moses het eers gedink hy gaan daai Farao met ´n slap riem vang en sê toe vir hom dat hulle sommer vêr in die woestyn gaan suip en paartie hou vir ´n hele drie dae. Maar dit moes so vêr van daai grafte wat hulle alewig moet bou weg wees laat die mense nie eers aan graftes moet dink nie. Maar Farao was ook nie dom nie en hy sien toe hier kom kak en hy sê vir Moses nee. Farao dink toe planne uit om die luigatte wat net wil suip so ´n bietjie harder te laat werk. Hy sê vir sy soldate om sommer grafte wat half gebou is om te skop en die Israeliete dan deur die nag te laat werk om nog op hulle kontrakte te hou. Die grafbouers was toe natuurlik eers vir die soldate die moer in, maar toe hoor hulle dit was die Farao wat gesê het hulle moes so maak en toe´s hulle nie meer so hoog die bliksem in vir die soldate nie. Hulle beraam toe planne om die etter sommer vrek te maak en die Farao hoor daarvan en hy raak bang en toe laat hy die nuus uitlek dat dit eintlik oor die kak is wat Moses met hom kom praat het. Toe besluit daai grafbouers om sommer oornag ´n ekstra graf vir Moses reg te kry want hulle wou hom toe vrekmaak. Hy was in elk geval ´n maklikker prooi as die Farao wat ´n hele leer gehad het om hom te bewaak. Van toe af het Moses gesorg dat hy altyd binne sig van Farao se wagte is.

Nadat Moses lank bosberaad gehou het met sy familie, wat hy sommer aangestel het in sy kabinet, het hulle besluit Moses moet maar sy Toordery gebruik om die Farao sag te maak.

Moses gaan staan toe langs die Nyl en hy moer so hard op die water met sy kierie dat ´n klomp visse van die klap vrek. Hulle het sommer oopgebars laat die bloed spat. Maar daai kierie van hom was gedokter en die water raak toe heeltemal soos bloed. Sommer al die damme en fonteine in die land se water raak soos bloed. Dit móés ´n moerse hou gewees het. Maar daai toorders van die Farao maak toe ook so, Maar as hulle dit doen is die water gou weer reg en as Moses dit doen bly dit ´n week lank bloed en toe sê Farao hulle kan maar loop. Die Egiptenare was nie sulke vuilgatte soos die Israeliete nie en hulle het glad nie daarvan gehou om langs ´n vrou te slaap wat heeldag agter ´n kameel geloop het om te stort as dit pis nie. Maar na ´n week het die Israeliete nog nie water gehad om die woestyn te trotseer nie, en toe raak al die water weer reg en die Farao besluit dis sommer kak hy gaan nie sy grafbouers laat dros nie. Moses het van daai eerste hou wat hy met sy kierie op die water geslaan het ´n tenniselmboog gehad en hy kon nie weer so slaan nie toe moet hulle maar bly.

Gelukkig vir Moses het daai gemors met die water veroorsaak dat al die parras eiers gelê het en toe kom daai kleintjies uit en die water is toe te min en daar is nie genoeg vis in die water om die parravissies te vreet nie en die parras begin toe uit die water uitklim om te loop soek vir anner blyplek waar daar nie ´n oorbevolking is nie. Met hulle gesoek, was daar ´n hele klomp wat seker gedink het hulle moet op ´n hoogte kom sodat hulle vêr kan sien want dan spring hulle nie tot by ´n watergat net om daar te kom en te sien dat daar reeds te veel parrs vir die gat is nie. Hulle land toe sodoende in die huise en selfs in die paleis en in die beddens en ´n hele swetterjoel neem tot Farao se harem se binnemuurse swembad oor en toe kla daai voumense en hulle blameer vir Farao en hy sê vir Moses hy moet die parras wegvat want hy kan nie meer die gekyf van al die vrouens handle nie en dan moet Moses maar die Israeliete vat en loop.

Toe daai parras weg is, toe raak Farao weer hardegat en hy sê vir Moses hy kan nie meer wegloop nie want alles is nou weer rustig en solank die vrouens nie kyf nie, sien hy vir Moses kans.

Daai spul dooie parras lok toe vir jou ´n leërskare muggies. Dit was vrek moeilik maar Farao het geweet ´n muggie leef net so tien na veertien dae en dan is hulle daarvan verlos en dan is al die vrot parras ook sommer opgevreet. Moses wou nog maak asof dit sy werk was toe stuur Farao hom al na sy moer.

Maar teen hierdie tyd was dit al vrek warm en droog in die woestyn en al die steekvlieë trek toe rivier toe en land toe daar tussen die mense en Moses vertel vir Farao dis sy werk. Farao weet nie of hy hom moet glo nie, maar hy was toe al ´n bietjie skrikkerig vir Moses met sy trieks. Intussen steek daai steekvlieë om aan hulle naam gestand te doen. Die perde, bokke en die Egiptenare loop verskriklik deur. Daar is later nie meer steekplek aan hulle nie en die Israeliete is so vuil dat daai vlieë nie aan hulle steekplek kry nie en hulle staan en lag vir die Egiptenare wat toe sommer naar lyk van die karbonkels waar hulle gesteek is. Farao sê toe weer Moses moet planmaak en dan kan hy maar die Israeliete vat en aandonner. Maar toe die vlieë eers ophou steek toe dink Farao weer aan grafte wat gebou moet word en dat die Egiptenare se hande te sag is daarvoor en hy sê toe weer vir Moses dat hy nie hulle kontrakte gaan opskeur nie en as hulle loop gaan hy die Israeliete by die internasionale hof verkla en Moses moet toe maar weer vir die Israeliete gaan sê hulle sal nog nie kan loop anner werk soek nie.

Toe kry die diere bek-en klouseer en die diere begin vrek op strepe en Moses probeer weer munt slaan maar Farao is toe al so deur die kak hy steur hom nie eers aan Moses nie. Toe hy sien dat die Israeliete se diere, wat eenkant geloop het, niks oorgekom het nie, kan hy nie toelaat dat die Israeliete loop nie want dan is daar in daai land niks slaggoed nie en die Egiptenare het nogals meer van vleis gehou as van patats. Hy sê toe weer Moses moet loop slaap.

Toe begin Moses met ´n chemiese oorlog, sulke swart stof wat soos roet uit ´n skoorsteen lyk.

Dis dieselfde goed wat ons vandag “antraks” noem, daai was net nie wit gewas nie en hulle stuur net links en regs vir die Egiptenare briewe met van die poeier in en die Egiptemare slaat in swere uit en die etter loop en as hy krap versprei hy dit en die Egiptenare vrek toe nie daarvan nie want Moses se chemiese fabriek het die gif nog maar in ´n toetsstadium gehad. en toe Farao sien dat niemand vrek nie toe sê hy die Israeliete moet grafte bou en ophou met moeilik wees.

Toe sien Moses die weer is snaaks en hy gaan vertel vir Farao hy gaan hulle nou almal van hael laat vrekslaan. Van die Egiptenare het ook gesien die weer is nie reg nie en het hulle diere en mense onderdak gebring, maar almal het nie kon sien nie en die wat nie onderdak kon kom nie is toe maar begrawe want niemand baklei met hael soos tennisballe met so hier en daar ´n halwe baksteen tussenin en bly leef nie.Daar was so ´n hewige elektriese storm saam met die hael dat Farao daar in sy paleis hom bekak het, maar hy het steeds vir Moses gesê dat hulle nie kan loop nie.

Na die droogte en die hael toe broei daar oral ´n plaag van springkane uit. Hulle het alles op daai grond opgevreet en was nog steeds honger. Daar was niks vir die diere oor om te vreet nie maar gelukkig het die Egiptenare van die Israeliete laat ploeg en saai, so dit was net so 9 maande se setback en Farao het hom nie daaraan gesteur toe Moses weer vir hom gaan sê dis nou tyd om die Israelite te laat loop.

En toe kry daai springkane vlerke en toe kan hulle eers sien hoe baie daar was want dit was vir drie dae donker op die grond soos daai digte swerm voor die son verbyvlieg op soek na ´n ander plek om te gaan op fok.

En Farao raak toe bekommerd wat daar kan nie sonder vuur om lig te maak deur die nag gewerk word nie want die springkane het alles opgevreet en hy weet toe nie eers by wie sy harem slaap nie en hy was vrek bang vir vigs. Hy sê toe vir Moses hy is nou behoorlik gatvol vir hom wat die natuurrampe vir homself wil kaap en as hy vir Moses weer sien gaan Moses die grootste natuurramp in die geskiedenis wees. Die Israeliete moet bly en grafte bou en kak met die res.

Met die laat die diere gevrek het en dat die sprinkane al die kos op die lande opgevreet het, was daar maar ´n gesukkel met kos en die oudste kinders moes hulle kos afstaan aan die kleintjies. Die grootmense tussen die Egiptenare het dit nie eers agter gekom nie en toe hulle hulle oë weer uitvee toe begin al die oudste kinders doodgaan van honger en Moses sê toe vir Farao hy wil nou met die Israeliete loop voordat hy al die kleingoed vrekmaak en toe skrik Farao so groot dat hy ja sê.

Moses kry toe vinnig sy kabinet bymekaar en gee opdrag dat hulle almal vroeg die annerdag moet reg wees om die pad te vat. Hulle moes alles wat hulle gehad het saamneem. Die diere moes gemerk wees en soort by soort in troppe gejaag word.

Annerdag mêre was daar nog ´n moerse battle. Daar was van die ouens wat nog eers wou varkslag en ander wou nog eers skulde by die Egiptenare gaan in. Ander had ´n skelmpie tussen die Egiptenare en het getwyfel of hulle moet loop of bly.

Eers die annerdag se mêre toe sê Moses vir hulle om nou hulle gatte in rat te kry of te bly want hy is vrek bang dat Farao hulle nie gaan laat loop as hulle die kleinjies wat dood is begrawe het en sien daar is nie meer grafte oop nie. Toe die Israeliete die storie so hoor toe begin hulle aanstryk want hulle was almal al gatvol van grafte bou. Die eerste ou was al diep in die woestyn toe die laaste een aan die gang kom. Moses het soos ´n wafferse aanvoerder op ´n kameel heen en weer tussen die voorloper en die agterryers patrolleerom toe te sien dat die spul nie dalk omdraai nie. Daai nag toe slaan hulle kamp op langs die see.

Moses en sy kabinet besluit dat hierdie mense net die Nylrivier geken het en dat hulle maar so ´n paar dae daar langs die see kan vakansie hou.

Daai eerste nag daar langs die see was daar nie baie rus nie want die ouens wat laaste in Egipte geloop het, het eers voordag daar aangekom. Die ander was so moeg dat hulle sommer net neergeval en geslaap het. Moses moes sorg vir krale om die diere in te hou en terwyl hy so werk dink hy daaraan dat hy nou met ´n groot gemors op sy hande sit. Van daai dag wat hy hom op die Nyl beskyt het, kon hy sien as daar kak aan die kom is, en hy kon sien dat dit naby was. Toe dink hy maar planne uit soos hy so takkrale bou.

Die mense het nie tente gehad nie want hulle het niks geweet van uitkamp nie. Toe hy hom kom kry toe lê daai hele strand vol Israeliete, ingeryg soos sardyne. Man, vrou, man, vrou, en hy sien dat hulle so in die slaap omdraai en die verkeerde maat beetkry en dan sug die vrou van lekkerte want dit herinner haar aan haar skelm van Egipte, en Moses sien hy sal moet plan maak. Dit was net die twee ouens op die punt van elke ry wat afgeskeep gelyk het. Toe die eerste ouens wakker word, stuur Moses hulle met knapsakke veld toe om te gaan heuning soek en hy gaan slaap so klein bietjie.

Toe hulle van die veld terugkom, is daai knapsakke (dis ´n sak wat van ´n bok se vel gemaak is waarvan die bene so aanmekaar vasgemaak is dat jy dit op die rug kan dra) vol heuning gestop en die heuningstroop loop sommer so uit die sakke wat nie dig is nie. Moses vat toe lou-warm water en ´n klomp suurdeeg en hy gooi die heuning daarin. Dit was nie lank nie toe begin daai brousel gis laat die skuim staan. Dit was nou wel nie wyn nie, maar karrie sou ´n goeie plaasvervanger wees onder die noodtoestand waarin hulle verkeer het. Sommige ouens se moer was al klaar aan dik raak met die rondsit en nie kan wag vir die aand om weer lekker te kan lê nie. Maar hulle moes maar daai eerste dag wag terwyl hulle die kleingoed geleer het om nie te na aan die water te gaan nie. Hiermee had Moses ´n probleem, want hy het geweet later sou hy dan weer die kleingoed moes leer om nie so vrek bang te wees vir water nie.

So los Moses die Israeliete om hulleself uit te sort daai eerste twee dae en teen die aand van die tweede dag, toe hy gaan kyk hoe sy karrie (heuningbrousel) aankom, toe kry hy daar ´n tiental van die heuning uithalers wat al lekker warm is soos hulle al van middag af geproe het. Maar dit pla hom toe nie so baie nie, want toe weet hy die goed werk en hy begin afgooi en skink en uitdeel en die Israeliete suip en die paartie raak vrolik en Moses sit eenkant en kyk, en soos hy sit en kyk maak hy mental notes oor hoe die ouens hulle dop handle. Die arme donner kom nie eers agter hy is net die skinker nie, soos hy sit en sy medemens oordeel. Hy weet nie eers hy behoort self ook te leef en te deel in die paartie nie. Laat die aand toe sien hy darem dat daar nou al ´n mooi klompie uitpass en hy gaan proe toe self aan die dop en toe hy begin praat toe sien hy maar die anner ouens verstaan hom ook nou, en net daar besluit Moses om te sorg dat hy in die toekoms deel van die mense gaan wees, sonder om werklik deel te wees, want die anner gaan mos nie meer so mooi vir hom luister as hy net soos hulle praat nie. Laatnag, toe die laaste een uitpass, toe is daar vir nog drie dae se fuif genoeg drank oor, maar Moses worry nie want hy moet daai spul langs die see besig hou tot lae ebgety, wanner die see so laag is dat jy daar kan deur loop.

Moses word die oggend wakker met ´n moerse kopseer en toe sy oë fokus toe sien hy oornag het die Israeliete slim geword en nou lê hulle nie meer in rye nie. Hulle het rondom hom ´n sirkel gemaak en nou kan jy nie sien watter man en vrou hoort waar nie en daar moes êrens fout gekom het want hier binne die sirkel lê ´n vrou by hom ook. Hy laat sak sy kop in skaamte want hy wil nie hê die anner spul moet dink hy`s ook net mens nie, en toe hy so afkyk, sien hy in die sand onmiskenbare kolle, so asof hy die nag gedroom het en hy kyk so na die vroumens en so in haar slaap sukkel sy om die sand tussen haar bene uit te vee en Moses weet dit was nie ´n droom nie want met die gevee sien hy die kaaihaarpleister en dit maak hom dink dat sy nie ´n pantie aan het nie. Toe hy beweeg toe kom hy agter dat die sand hom ook pla en toe is hy eers seker.

Skielik hoor Moses toe ´n gelag en hy sien toe dat ´n klomp van die Israeliete al wakker is en terugkom van die see waar hulle die vorige nag se gefuif gaan afwas het en die arme donner kan toe nie eers onskuldig pleit nie. Net daar moet hy toe die vrou trou en dit was nie wat hy wou gehad het nie. Hy wou die kat maar skelm bly knyp, want dan had hy baie om van te kies en nou sit hy wragtag met ´n vrou.

Daar was natuurlik nog nie kondome nie en geboortebeperking was beperk tot die beskerming wat ´n mengsel van as en uitgebraaide vet, tussen die vrou se bene gesmeer, kon bied. Net daar besluit Moses dat hulle kamp nie so vol bewyse moet wees in die oggend nie en hy sit die kinders aan om hout te maak en vet uit te braai en dan die as en die vet te meng.

Twee dae later toe is daar nie meer kolle op die sand nie en die hout is opgebrand en die karrie is uitgesuip, en die Israeliete het nie eers geswem in die see nie. Maar toe Moses die oggend oor die see uitkyk, toe sien hy dit raak laagwater en die water trek vêr terug. Hy sien dat die grootmense al deur daai see kan loop, en toe is die geluk ook aan sy kant. Een van die ouens het tot op ´n duin geklim en hy skree vir Moses, maar Moses kan nie verstaan nie en die ou beduie, maar hy`s te dom om nader te kom en toe loop Moses na hom om hom te gaan bliksem, maar toe Moses op die duin kom toe sien hy in die vêrte ´n stoffie uitslaan en hy dink toe hier kom kak. As dit ´n stofstorm is dan vrek die helfte van daai Israeliete net daar en as dit die Egiptenare is, dan vrek almal, wat nie oorgee en t`rug gaan om grafte te bou nie, net daar en hy weet toe dat as een van die twee gebeur, dan gaan daai Israeliete nie so genadig wees om sy kop met ´n byl af te kap nie. Hy kry sommer koue rillings as hy daaraan dink dat hulle sy brein net so lewendig met pendorings deur sy neusgate gaan uitgraaf, en hy sê vir die ou om daar te bly en te kom sê as hy kan sien wat die stof veroorsaak.

Moses hardloop na die kamp en soos hy aangehardloop kom, sien die Israeliete hier`s ernstige kak aan die kom en hulle kry die kleintjies bymekaar en staan al en wag vir die oordeel toe Moses by hulle kom. Toe Moses nog staan en hyg vir asem, om die Israelite aan die gang te kry, toe kom daai anner ou met ´n stofstreep aangehardloop en sover hy naderkom skreeu hy. Toe die Israelite uitmaak hy skreeu iets oor Farao se soldate, toe spring hulle om en bestorm daai see asof hy nie daar is nie.

As een voor onder die water wegraak, maak hy vir die agter hom ´n hoogte onder die water waarop hulle kan trap. Gelukkig vir Moses was die water reeds baie laag en die Israeliete so bang dat hulle in elk geval met hoogwater ook sommer bo-oor die water sou gehardloop het. Hy het nie juis nodig gehad om hulle aan te spoor nie. Daai ou wat eerste gesien het dit is die Egiptenare was nog nie naby die see nie, toe is al die Israeliete al halfpad deur daai see met Moses vooraan, want hy was die bangste en hy het geglo dat Farao eintlik agter sy bloed is omdat hy vir Farao so baie gepla het en hy was bang dat Farao geglo het hy het al die kak veroorsaak en sy toorgoed kon nie keer dat Farao self hom stadig sal vrekmaak nie. Hierdie keer was Moses nie kaalgat nie en hy kon naby die anderkant maak of hy in die water val om hom te was, want dit was die tweede keer wat hy hom bekak het.

Aan die andekant gaan staan die Israeliete toe doodmoeg en terugkyk en Moses se hol knyp, want as sy tydsberekening weer verkeerd is, kan sy spraakgebrek hom nie eers red nie. Elke minuut wat hulle staan en wag, maak sy kanse beter en na ´n ruk toe sien hy die water begin styg en hy kan weer begin dink. Hy dink toe om Farao ´n vuil een te speel en hy stuur ´n swetterjoel Israeliete terug die water in tot so halflyf en hy sê hulle moet daar wag. Hulle bly toe daar staan, maar na ruk is die water al so diep, hy moet hulle nader na die kant laat kom solat hulle nie versuip nie.

Farao en sy gevolg kom daar aan die annerkant aan en hy sien daar is nog ´n klomp Israeliete in die water en hy is so hoog die bliksem in, hy ry sommer met sy tenk in die water in. Dis toe wat Moses die Israeliete uit die water roep en toe sit die Farao en sy soldate daar in die see vas en hulle kan nie reverse nie. Die Israeliete staan toe en kyk hoe die Egiptenare met hulle perde en kamele en tenks sukkel en versuip en die Israeliete gaan aan die juig want hulle weet dat Farao hulle nou nie meer kan laat grafte bou nie. Moses se slim taktiek het hom toe ook sommer baie gewild gemaak en die Israeliete wou hom sommer aanbid want niemand van hulle sou aan so ´n plan gedink het nie. Daai hele spul was die blyste dat hulle nie nodig gehad het om vir almal wat versuip het grafte te bou nie.

Net daar het Moses en die Israeliete weer kamp gemaak en verder paartie gehou. Hulle het nog nie ingehaal gehad dit wat die Egiptenare gebruik het as hulle in die woestyn besig was met grafte bou nie en hulle wou hulle bes doen. Hierteen het Moses nie beswaar gehad nie want hy het toe ook nog op hornimoon gewees.

Die kamp was ook so in die sand en die see beter met minder rotse aan daai kant dat van die Israeliete dit selfs weer in die water gewaag het as ´n Egiptenaar se lyk verbyspoel solat hulle al die waardevolle goed van die dooies kon afvat. Moses het dit goed gedink want die arme donners het nie geweet wat geld is nie en goue ringe en sulke goed het hulle net aan Egiptenare gesien en hier was nou hulle kans om dit te besit. So het hulle daar langs die see gewag tot daar nie meer lyke verbykom nie en toe kry Moses hulle bymekaar.

Na ´n week daar by die see, toe begin van die vrouens snaaks loop en na nog ´n dag toe begin die mans ook snaaks loop. Moses het eers nie geweet wat de fok dit met die mense is nie, maar toe begin hy ook snaaks loop en toe vind hy uit dat as, vet en sand nie juis saamwerk met seks nie. Hy het lank gedink en baie oorweeg en alle salwe probeer, maar toe hy sien hy swel al op, toe dink hy dat daar nou net een uitweg is. ´n Man kan nie met sand onder sy voorvel saamleef nie en in daai woestyn was nie water nie en buitendien was daar ook nie badkamers om jouself skoon te maak nie en verder die woestyn in sou dit net erger raak want die water sou minder raak. Daar was net een raad en dit was om die voorvel so af te sny laat daar nie sand onder hom kon bly sit nie, en dit sou ook vir die vrouens verligting bring want dan kon hulle kans kry om van die skaafmerke ontslae te raak voor die mans weer bekwaam sou wees om hulle verder vol as, vet en sand te pomp. Die enigste ding was dat almal so naastenby op een dag gedoen moes word anders sou daar nie kans vir heling wees nie.

Moses roep toe sy familie bymekaar en hy vertel vir hulle van sy plan en hulle is toe daarvoor te vinde, mits Moses eerste sy voëlvel laat afsny want hulle wil eers kyk of hy hom nie vrekbloei nie en of hy gesond word. Hy sien toe hy het nie ´n ander uitkoms nie en hy vat ´n mes en maak dit op ´n klip skerp en hy trek sy voëlvel vorentoe so ver hy kan en hy maak sy oë toe om te sny en sy moed begeef hom en hy sê hy het eers ´n dop nodig. Sy kabinet jaag hom toe ´n gelling karrie in en toe sien Moses vir enigeiets kans.

Hy hou hom steady soos net ´n ou wat lekker warm is kan doen en omdat hy so baie gesuip het sê sy broer hulle moet laat hy dit voor almal doen solat hulle kan sien hoe om dit te doen. Moses stry en baklei nog eers hy is skaam maar die dop trek en hy raak minder skaam en hy begin selfs die demonstrasie met sy broer bespreek. Later sê hy vir sy broer dat hy dit sal doen, maar dat sy broer sal moet praat want hy is nou so dronk dat hy sy konsentrasie kan verloor en sy hele voëlkop kan afsny as hy nog moet verduidelik ook, want ´n mens moet mos na die mense vir wie jy verduidelik kyk ook en as hy dan nou net op daai oomblik opkyk kan hy dalk heeltemal sonder nageslag vrek. Sy broer sê toe dis oraait hy sal praat maar hy wil ook eers ´n dop hê en Moses moet sommer saam met hom nog ´n dop drink.

Toe hulle genoeg moed gesluk het laat Moses nie eers meer bang is nie, toe roep hulle die spul bymekaar en Moses se broer sê toe vir hulle: “Moses gaan nou vir julle iets wys en julle moet mooi kyk. Hy kan dit nie ´n tweede keer demonstreer nie want dan het hy nie ´n voël oor nie. Môre moet julle dit almal doen omlat die vrouens nie meer kan loop nie en daar is nie water in die woestyn nie en as ons so aanhou kan ons later op ons voëlkoppe aartappels plant en dalk kan van julle se voêls nog met aartappels en al in ´n verkeerde vrou agterbly.” Toe verstaan hulle hom goed en Moses haal die ding onder sy rok uit en van die mans lag en van die vrouens huil maar Moses besluit hulle kan maar fokken lag of huil, dit gaan nie help nie en hy is reeds so opgecite hy wil sommer begin sny, maar sy broer keer hom want hy wil hê almal moet sien. Hy plant toe eers vir Moses hoog op ´n rots sodat die ouens wat agterlangs staan ook kan sien. Toe hulle seker is almal kan sien toe sê sy broer vir Moses hy moet nou reg werk want dit gaan nie help hy wys ´n fokop vir die mense nie en Moses trek daai vel vorentoe en mik en hy los weer en trek hom reg en hy bereken toe hoeveel vel hy moet afsny. Hy vat hom toe vas en hy kyk op en hy sien die gesegte hier voor hom wat van afwagting vertrek en hy weet hier is wragtag nie omdraai nie. Hy trek daai vel drie duim vooruit en toe sny hy twee duim daarvan af en die karrie se narkose werk goed want hy voel net ´n brandpyn en hy smeer sommer voorbehoedmiddel aan om die bloed te stop. Toe hy daai vel so afsny, spring die orige vel terug en sy voëlkop is heeltemal oop. Hy sê toe vir sy broer hy het nou éérs ´n dop nodig en van daai toeskouers pass uit en anner wil hulle vreklag, maar Moses hou sy pose. Toe hy so wegstap terwyl sy broer nog met die mense praat, toe loop hy so snaaks lat sy broer ook moet lag en sy vrou is vir hom eers die donnerin, want nou moet sy eers wag om te kyk of hy nie gaan vrek nie en dan weer vir die spul om gesond te word. Maar Moses is toe so dronk hy së sommer vir haar sy kan maar die nag op die straathoek gaan staan want na môre is daar nie een man meer wat haar kan bevredig nie. Toe sy broer by sy slaapplek kom om hom nog ´n dop te skink is die vrou weg en Moses moers hartseer en hy tjank en het al self sy dop gegooi en hy suip homself plat. Toe raak hy aan die slaap. Toe hy die annerdag wakker word het hy weer ´n moerse babelaas en toe van die mense sê hulle gaan dit nie doen nie, raak hy so die bliksem in dat hy die grootste van die wederstrewiges laat vashou en hy doen die operasie toe sonder narkose op hom en toe is die ander ouens bang dat hy dit moet doen want in sy woede het hy die ou se een bal ook sommer uitgehaal. Jy sien toe net bottels voor die bek en na ´n halfuur is almal gretig om die operasie sommer op hulleself te doen.

In die volgende tien dae was daar in daai kamp ´n hele paar lesbiese verhoudings. Dit het Moses op sy tande laat kners, maar hy was magteloos. Toe hy egter agterkom dat die vrouens jong kinders wat nie die operasie ondergaan het nie, gebruik, het hy net daar besluit dis sommer stront laat sulke kleintjies hulleself geniet terwyl die grootmense watertand moes toekyk. Hulle vat toe sommer die kleintjies en as hulle sien sy voël raak al styf, sny hulle sy voorvel ook af al het hy nog nie eers balhare nie.

Met die wond het Moses baie tyd gehad om te dink en hy dink toe dis nie reg laat die mans so suffer nie en die vrouens loop los rond nie. Hy gaan toe en vertel vir die vroumense hulle is moers vuil as daar bloed by hulle uitkom, want hulle weet nie of dit net ´n gewone period is en of dit dalk ´n vuilsiek is nie. Hy sê toe hulle gaan met klippe vrek gegooi word as hulle naby ´n man kom en daar is bloed wat by hulle uitkom, en elke man moet die vrou eers oordentlik ondersoek voor hy die kaaihaarpleister mag gebruik. Hy laat hulle ook nie toe om vir twee dae na die laaste bloed by ´n man te kom nie.

Maar intussen raak van die jong seuns wat nognie besny is nie reg en dit veroorsaak probleme. Moses gee toe ook hieraan sy aandag en beraam ´n plan om dit vir eens en altyd op te los. Hy laat elke seunskind sommer by geboorte reeds besny en dan is daar nie probleme met sand en watertekorte nie.

Teen hierdie tyd was Moses, wat tussen die Egiptenare grootgeword het waar hy geleer het van skoon en was en aanvaarbare optrede, al redelik gatvol met die spul vuilgat Israeliete, en hy besluit toe sommer om hulle net daar eers te leer hoe om hulleself skoon te hou. Hy bly toe daar langs die see tot al die Israeliete geleer het om hulle vuil voete en hande en geslagsdele, wat soms vreeslik kon stink, skoon te hou. Dit het hom ´n maand gevat, maar toe sien hy van die spul begin vet aansit en hy weet hy ken nie die pad deur daai woestyn wat hulle moet oorsteek nie en as hulle eers vet en lui is, gaan dit groot sukkel afgee. So besluit Moses een oggend, sonder sy kabinet se goedkeuring, dat hulle die sandduine en strate moet aanpak en dat dit gaan sukkel om teen die son in te loop en hy gaan hulle so laat loop dat die son altyd agter hulle bly. Nodeloos om te sê hulle het ´n moerse zig-zag oor die sand geloop sonder om vêr vorentoe te vorder, maar hulle het dit nie agtergekom nie. En al sou hulle dit agterkom, sou dit niks aan Moses se besluit verander het nie want hy het besluit en as hy besluit het sal hy sy besluit uitvoer al moet hy homself ook dronk suip om genoeg moed te kry soos die dag toe hy sy voëlvel afgesny het.

Tot sover in die storie het Moses dit nog maklik gehad. Daar was altyd nog ´n paar Israeliete wat sake graag wou sien soos hy dit gesien het en dit het hom die moed gegee om deur te druk en vas te byt, maar niks kon hom voorberei op wat vir hom in daai woestyn gewag het nie.

Daai spul Israeliete was nie meer lus vir grafte bou vir die Egiptenare nie en Moses het gesien hy moet dit gebruik om sy sin te kry. Terwyl hulle daar langs die see gelê en rus het en hy hulle geleer het hoe om skoon te bly het hy hulle kort-kort remind aan die kak behandeling wat hulle van die Egiptenare gekry het en dit was nog vars in die Israeliete se geheue en die spul het hulle lewe lank net op grafte bou gekonsentreer want hulle wou nie laat ´n graf teen laatmiddag omgeskop word en dan nog die hele nag werk om dit weer te bou nie. By hulle was daar nie begeerte om terug te gaan Egipte toe nie. Daarom kon Moses met hulle doen wat hy wou. Daar was reeds ´n vrees gevestig vir die bekende. Hy moes net die onbekende as ´n paradys voorstel en dan sou hulle doen net wat Moses wou hê. Moses het vir hulle vertel dat daar aan die annerkant van die woestyn ´n land is wat net vir hulle lê en wag en dat hulle daar elkeen sy eie baas sal wees en dat die wat nie sy eie baas wil wees nie ´n lekker job sal kry want dis nie daar so warm dat lyke sommer vrot en hulle sal nie nodig hê om grafte te bou nie, en die spul het hom geglo. Dis dan hoekom hulle agter hom aangeloop het daai woestyn in.

Maar Moses het self nie kon dink aan al die probleme wat tussen die duine op hulle lê en wag het nie. Daar was eerste op sy lys goeters soos voorbehoedmiddel want hoe kan hulle nou deur die sand vorder as daar ´n swetterjoel kleintjies is wat moet saamgedra word. Dan was daar nog die regverdige verdeling van die aanwas onder die diere en hiermee het hy nogals baie gesukkel want party ouens het net staan en kyk by wie se ooi sy ram kom en dan wou hy die helfte van die aanwas hê en dit het baie kak veroorsaak. Party was weer daar sonder dat hulle selfs ´n hoender hulle eie kon noem, maar hulle moes ook deel om te kon bly leef. Hulle is as wagters oor die diere aangestel en is dan met ´n slagding beloon, maar dit het hulle nie vooruit laat boer nie en hulle het net veewagters gebly en hulle het later die moer in geraak.

Sommer die eerste ding wat Moses toe doen is om ´n kommunistiese regering in te stel. Die vee behoort aan hom en hy gee net slaggoed vir die wat dit nodig het en elkeen kry sy beurt om wagter te speel, behalwe hy want alles behoort mos aan hom.

Heeldag laat hy die kleintjies agter die diere loop om die houtjies en bossies wat oor is nadat die vee gewei het bymekaar te maak om in die aand dan brandhout te hê en as te kry om met die vet wat hulle van die slaggoed uitbraai vir hulle voorbehoedmiddel te maak. Daar in die woestyn was nie vermaak nie en om op jou buurman se vrou jag te maak was hoog op hulle lys van tydverdryf. Dis dan ook waar die woord “jags” sy oorsprong het.

Hy het ´n klomp ouens altyd vooruit moes laat loop om vir die volgende water te soek en sodoende het van hulle nie weer terug gekom nie want as hy by ´n oase aankom en daar is anner mense en hy sien ´n mooi vrou wat vir hom kyk en die mense is vriendelik en sê hulle loop nie so baie in die woestyn nie, het hy net daar gebly en die mal spul sonder water in die woestyn gelos. Anner kere was daar by sulke oases sommer plein vyandige mense wat hulle vrek gemaak het sonder om vrae te vra. Moses moes maar meestal die diere volg na daar waar hulle dink daar is water en party maal het hulle vir lang tye sonder water moes oornag.

Omdat die woestyn droog was, was die vee se aanwas ook nie so goed nie en die slaggoed het nie vermeerder nie, maar die Israeliete se kleintjies het bly aankom en daarom was Moses nie gepla as van die mense wegraak nie want elkeen wat nie van ´n ekspedisie terug gekom het nie, was een minder om voor kos te gee.

Nege maande na hulle van die see weg is toe is die babyboom daar en toe is daar baie moeilikheid. Die mans sê almal dis nie hulle kinders nie en die vrouens wys sommer verkeerde mans uit wat hulle net gewens het dat hulle mee geslaap het en Moses sit met sy hande in die hare. Hy dink toe dat hy reeds al die vee het en hy gaan sukkel as hy maak of al die kinders syne is want dan gaan die mans teen hom in opstand kom, toe gee hy sy tien kleintjies waarop die ma`s aanspraak maak vir sy kabinet en die anner Israeliete sien toe hulle moenie so ingat wees nie en hulle gee almal hulle twyfelagtige kleintjies vir die kabinet en toe stel Moses ´n klomp aan om die kleintjies te versorg in die creché en toe is hulle weer ´n happy familie.

Op ´n kol raak daai woestyn droog en die diere staan selfs na Moses en kyk vir water en Moses weet self nie waar om water te loop soek nie. Die Israeliete begin toe vergeet van hoekom hulle uit Egipte weggeloop het en hulle wil Moses doodmaak omlat hulle nou van dors in die woestyn begin vrek. Daar was nie eers meer water om karrie te maak nie en hulle het dae laas ´n by gesien, so daar was in elk geval ook nie heuning om mee karrie te maak nie en die vrouens wat soog se tiete het begin hang soos die melk opdroog. Elke oggend as hulle die pad vat maak Moses of hy presies weet waarheen, soos dit ´n goeie politikus betaam, maar hy het nie ´n fokken clue waarheen nie.

Hier in die woestyn het Moses nie nut gehad vir ´n hol kierrie waarin hy ´n slang kan saamdra nie en hy het toe lankal vir hom ´n olienhout kierrie aangeskaf. Toe die Israeliete hom op die vierdie dag teen ´n klip vasdruk om hom te konfronteer omdat hulle nie water het nie, raak Moses die bliksem in en hy weet as hy nou een van die spul met sy kierrie vrekslaat, gaan hulle hom net daar uitdroog en vir biltong gebruik, en in sy frustrasie moer hy die klip met sy kierrie. Nou ´n olienhout kierrie is hard en as jy nou terugdink aan die hou wat Moses in Egipte op die Nyl geslaat het toe hy tenniselmboog opgedoen het, dan sal jy verwag iets moet gebeur. Maar dit was werklik nie Moses se plan om daai klip oop te breek toe hy slaat nie. Daai klip breek toe oop en red Moses se lewe want uit daai skeur in die klip kom toe so bietjie water. Dit was toe ook nie so bietjie nie want hulle kon almal watersuip en hulle kon die diere weer laat suip en hulle bly toe sommer drie dae daar om hulle dors te les.

Hierdie episode het daai Israeliete toe laat besef jy soek nie met Moses kak as hy sy kierrie in sy hand het nie en dit het Moses laat besef hy kan nie eers sonder sy kierrie gaan slaap nie. Hy het maar net stilgebly oor sy elmboog wat weer nie lekker was nie want as hy vir die ander gesê het, sou van hulle dalk hulle kans wou vat om hom aan te rand.

Intussen is daar steeds ´n oor-en-weer gehoer onder die spul en Moses se eie vrou kry kleintjies waarvan hy nie weet nie, maar sy is elk geval nie sy eerste preoriteit nie want hy moet net sorg om aan die leef te bly en hy praat maar swaar en dit sukkel om te stry met ´n vrou as sy nie kan verstaan wat jy sê nie, so hy hou sy bek en hy maak planne as sy vrou in die nag rondloop, kamma om buite die kamp te loop pis.

Hy sien toe so in sy verbeelding dat die kommunisme waarmee hy begin het nie aldag lekker gaan werk nie en hy sal anner plan moet maak.

In die verte sien Moses ´n berg en van toe af loop hy reguit na daai berg want sy plan het hy klaar agtermekaar as hy net by daai berg waarop die weerlig so slaat kan uitkom. Intussen begin hy die Israeliete sagmaak met stories van geeste wat hy deur sy broer vertel, want met die dat hy die klip met sy kierrie donner en daar kom water uit laat dit hom aan sy bootrit op die Nyl dink en hy verloor weer heeltemal sy spraak en hy hou toe daarvan want dan praat die Israeliete nie direk met hom nie en dit gee hom tyd om sy antwoorde goed te deurdink voordat hy vir sy broer neerskryf wat om vir die spul dommies te loop sê.

So hoor hy tussen die lyne dat die Israeliete hom ´n bul noem nadat hy die klip so hard gedonner het en dit sit weer sy gedagtes aan die rol. Toe die Israeliete hulle kom kry, toe betaal hulle Moses vir die slaggoed met die goud wat hulle nog daar in die see van die Egiptenare se lyke gesteel het en Moses is hardegat as hulle vir hom sê dat dit tog eintlik hulle diere is. En die Israeliete is so bang vir daai kierrie wat Moses met hom saamdra dat hulle maar hulle bekke hou en betaal want daar is tog niks anders wat hulle met daai goud in die woestyn kan koop nie.

Na ´n paar weke toe sien Moses hoekom die Egiptenare almal versuip het. Dit was die gewig van al die goue goed wat hulle mee opgemaak was wat gekeer het dat hulle kon swem.

Maar Moses is bly en hy begin sy plan in werking stel toe hy daai goud alles saamsmelt en ´n halfwas bulletjie daarvan maak en vir die Israeliete sê dit is hulle god en hulle kan maar op hulle knieë staan en vir dit bid, want dan sal dit Moses se arm weer sterk maak solat hy nog baie klippe kan stukkend bliksem. So leer Moses hulle dat hy bo hulle verhef is en dat hy in die bul is en dat hulle nie verder met hom moet kak soek nie.

Hoe nader hulle aan daai berg kom, hoe beter begin dinge vir Moses lyk en so in die stillegheid, wanneer sy vrou snags uitsluip om buite die kamp te loop pis, kry hy wat Moses is sy planne reg en hy maak aantekeninge op stukkies vel solat hy nie vergeet nie. Sy vrou het snags so lank uitgebly, hy kon amper elke nag ´n boek skryf. Daarom dat hy dan toe ook die geleentheid gebruik het om daardie boek tot een reël te verkort.

Elke dag het hy net loop en kyk wat die Israeliete in sy oog verkeerd gedoen het en dan het hy daaroor aantekeninge gemaak en dit gebêre vir as hy dit wil gebruik.

Om aan sy voorskrifte by die losbandige, wederstrewige Israeliete krag te verleen, het hy ´n klompe voorskrifte gevat en hulle tot gebooie verhef. Dis nou daai gekrap op die klippe wat hy vir die mense vertel het wette is.

Hy was so bang dat hy sy gesag sal verloor dat hy die skrywer van daai voorskrifte eerstens tot die enigste moontlike god verhef het. Die eerste drie van die tien voorskrifte het hy aan homself opgedra. Toe het hy die ander wette gestel om die probleme waarmee hy tot op daardie stadium van die Groot Trek te kampe gehad het, aan te spreek en te beperk. As Moses destyds sou nagelaat het om daardie voorskrifte tot gebooie te verhef, sou Andries Pretorius dit seker met die Boere se eie Groot Trek gedoen het.

Moses was al op vir die Israeliete se manier om mekaar dood te slaat as hulle nie lekker was met mekaar nie. Hy wou graag ´n groot gevolg hê om die nuwe land wat hy van gedroom het se soldate mee te gaan aanvat. Daarom het hy ´n wet ingestel wat sê dat jy nie jou eie mense mag vrekslaat nie. Eeue later is die gedeelte wat sê “eie mense” met oorvertelling weggelaat want die storie is ook aan vreemdelinge vertel. En daar was ook gevalle waar die Israeliete in die minderheid was en eerder nie doodgeslaan wou word nie.

Aan die toepas van hierdie wette het Moses die eerste paar weke van die verdere trek soveel aandag gegee dat hy net die berg, waarvandaan hulle verder die woestyn ingeloop het, as baken gebruik het om rigting te hou. Hy was voltyds besig met hofsake van daar bo op sy kameel se rug. Hy had ´n touleier en het self agterstevoor gesit om die res van die hof wat te voet gevolg het darem te kan sien. Sodoende kon hy dan ook die berg dophou en bevele gee as dit lyk of die berg nie meer reg agter hulle is nie.

Teen die derde week het die Israeliete al begin insien dat hierdie wette nogal help om orde te bring en dat jy nie met ´n pale-heining om jou hoef te loop om jou te beskerm as almal volgens die reëls speel nie.

Die berg het in die verte verdwyn en Moses het sy kompas uitgehaal om verder rigting te hou.

Daai kompas se naald het gewys hulle loop helemal verkeerd. Hulle was klaar verdwaal. Moses moes ingewikkelde berekenings maak om hulle op die regte koers te kry, en hy kon nie aan die anner spul laat deurskemer dat hy hulle verniet laat loop het nie, want dan sou sy wette hom nie red nie. Hy het toe maar daagliks ´n klein koersverandering aangebring sodat die Israeliete dit nie eers gemerk het nie.

So gebeur dit dat hy hulle in die nag laat loop omdat dit bedags dan kwansuis te warm is.

Dit was egter net om sy eie foute toe te smeer. Politici het vandag nog daai gewoonte om die aandag van die werklike probleem weg te lei.

Die padkos het opgeraak en die ouens het weer opstroppelis geword. Gelukkig vir Moses was daar graslande in die omgewing waar daar baie kwartels gehou het wat die saad gevreet het.

Snags het die kwartels by die duisende in die woestyn kom slaap en dan het die Israeliete hulle in hokke gevang en geëet. Die vars mis van die kwartels was ook soos meel as dit oornag in die koue woestyn gelê en hard geryp het. Moses het die Israeliete gedwing om elke oggend elkeen ´n emmervol daarvan op te tel en die dag se brood te bak.

Soos hulle al meer verdwaal geraak het, het hulle later in sirkels geloop omdat Moses nie geweet het dat daai elektriese storms op die berg sy kompas heeltemal gedemagnetiseer het nie. Dit het veertig jaar geneem voor iemand agtergekom het dat die kompas moertoe is en teen daai tyd het die Israeliete al so gatvol gewees en Moses so gedaan dat hulle hom maar vrekgeslaan het om die spul weer op koers te kry. Maar hulle kon teen daai tyd al sien waarheen hulle op pad was. Hulle het al besef dat hulle nie meer die seniele ou met sy stukkende kompas kon vertrou om hulle dalk weer weg van die land wat hulle al kon sien te lei nie.

Die storie vertel nie aan wie se hand Moses uiteindelik sy gat gesien het nie, maar die ou had in elk geval genoeg kennis om die spul Israeliete verder en reguiter na hulle bestemming te lei.

Vandag nog sit die wêreld en al sy inwoners met die gevolge van Moses se politieke ambisies.

Daar is steeds geen beter idiaal om na te streef as sosialistiese kommunisme wat aan almal gelykheid kan verskaf nie. Ongelukkig is daar ook diegene wat in leiersposiesies aan hulself meer wil toeken as aan die idiaal waarvoor hy werk.

Die selfregulering van kapitalisme word wel as die enigste werkbare opset beskou, maar het die neiging om gapings te veroorsaak wat op hul eie meer probleme as oplossings skep.

Moses se aanvanklike diktatoriale bestuur het die Israeliete vir veertig jaar in ´n woestyn laat rondskarrel en die wêreld is vandag steeds bang vir ´n soortgelyke herhaling.

So, blame dit maar alles op Moses. Hy is immers lankal dood.

Die Egiptiese piramides staan vandag nog as nagedagte aan die kundigheid waarvan Moses die wêreld beroof het met sy selfsugtige politieke aspirasies.

So ook natuur-rampe wat as ´n vingerwysing vertolk word.

Maar die grootste tragedie is sekerlik wette wat inisiatief so aan bande lê dat na die wapen gegryp word om ´n plek vir eie oortuiging oop te baklei.

Om die moraal van hierdie storie uit te lig, kan ons diep in Moses se selfsug krap. Ons kan kyk na die moderne mens se neiging om te volg, selfs al verloën hy sy eie menswees daardeur. Of ons kan net sê:- “Slegs as jy weet dat daar in jou of jou kind se toekoms ´n moerse woestyn is om oor te steek, het jy nodig om besnyding te oorweeg.”

Moenie toelaat dat die afwykings van die oorspronklike storie, soos hier vertel, jou van stryk bring nie. Moses het klaar vir jou gedink. En tot nou was alles daarop gemik om te keer dat jy dalk self aan die dink gaan. Hoekom sal jy dan worry?

Onthou net dit. ” As Moses ook net gevolg het, was sy storie in geen vorm die moeite werd om vir die nageslag te bewaar nie.”

Miskien kan ook jou storie vir die nageslag behoue bly. Maar daarvoor moet jy self dink en ´n eie rigting kies. Geen volgeling het ´n eie storie die moeite werd om na te laat nie.

skrywer: Bergie

Lewer kommentaar

Leave a Reply