(‘n operette)
Dirk Le Waal & Lindie Lief is tipiese Afrikaanse sangers: Dirk se ego maak beloftes wat sy talent nie kan nakom nie en Lindie kan nie haar pad uit ‘n skoendoos sing nie.
In hierdie satiriese-operette luister ons skelmpies deur die kleedkamervenster na ‘n versie uit die Afrikaanse musiek bedryf … en lieg sommer ‘n refrein by vir dramatiese effek.
Kom beleef hierdie Skouspel met pompende ritmes, tergende lirieke, blink kostuums en vreemde karakters. 7de Laan se Ryno & Paula soos nog nooit vantevore!
Met Chris Vorster & Diaan Lawrenson
Musiek deur Louis van Rensburg & Choreografie deur Willie Venter
Wat sê hulle ma’s?
Chris se ma: “Chris speel mooi toneel, koop asseblief ‘n kaartjie!”
Diaan se ma: “Diaan dans pragtig en ken al haar woorde, moenie Dirk & Lindie mis nie !”

