Die Slapende Skoonheid

Die produksie vertel die verhaal van Flora die slapende prinses en haar ervaringe in Lappiesdorp.

Dit is juis hier waar Flora vriende raak met Kaspaas die pratende vullisblik, terwyl haar oppassers, (die twee goeie feëtjies Naas en Florinda) vir haar die geheim wegsteek dat sy eintlik ‘n prinses is! Insomnia die wrede heks wil ontslae raak van Flora en sodoende die koninkryk oorneem en self regeer.

Die produksie word tot ‘n hoogtepunt gevoer wanneer die goeie Prins Gawie teen Insomnia baklei en die lewe van Flora moet red.

Poppespel en elemente van pantomime sorg vir ‘n geloofwaardige fantasiewêreld waar die karakters die gehoor meevoer en deur vermaak ook die kleiner gehoorlede opvoed.

KKNK se 2008 Kanna Toekenning vir Kindervermaak ontvang.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar