Dis 20h15. Dis tyd. Pieter en Francois beplan ’n bankroof.
Omdat hulle nie politici is nie, weet hulle nie waar om te begin nie. Pieter vra die skelmste ou wat hy ken om hom te help – Billy van Cash Invaders.
Maar gaan hulle ’n bank kan beroof? Gaan hulle ’n bank kan vind om te beroof? Wat verander wetsgehoorsame ouens, hardwerkende steunpilare van die samelewing, in amateurbankrowers?
Met: Waldemar Schultz & Brendon Daniels
Ferdinand Bekker – Skrywer
Gaerin Hauptfleisch – Regisseur, stel- en beligtingsontwerp, tegniese versorging
Vervaardig deur Stercus Produksies
Woordfees 2020
7 MAART 20:30 | 12 MAART 17:30 | 13 MAART 14:00 | 15 MAART 15:00
70 min | kykNET HS Stellenbosch
R130 – R170 | R190 by die deur
Geen o/12 (T)